advertisement
Question
Posted by: Nina | 2009/02/26

Rook skade

Ek het 7 dae gelede opgehou rook, ek het 10 jaar gerook en is nou 29. Wat ek wil weet is of dit regtig soveel voordele inhou vir ' n roker om ' n nie-roker te word? Is die skade nie klaar gedoen nie, ek meen, 10 jaar is ' n lang tyd? Ek sal ook net graag wil weet min of meer hoe lank hou hierdie onttrekkings aan? Ek kry nie regtig " cravings"  vir ' n sigaret nie, ek voel net verskriklik goor, fisies siek eintlik en wil net slaap en ek gaap die hele dag deur?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nina
Daar is defnitief voordele, baie van die "rookskade" is omkeerbaar, al het mens jare lank gerook - sien http://quitsmoking.about.com/cs/afterquitting/a/after_quitting.htm
Ongelukkig kan mens vir tot 2 weke goor voel - probeer baie water drink, vitamiene aanvulling neem, vermy koffie en sjokolade vir so paar dae. Mens kan griepsimptome, maagpyn en angstigheid ontwikkel maar dit gaan weg na so 2 weke.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Lady man | 2009/02/26

Hi Nina

Ek het vir 17 jaar gerook. Ek het net eendag besluit dit is nie my gesondheid werd nie. Ek het net die sigaret neergesit en nooit weer gerook nie. Dit is nou elf jaar vandat ek opgehou het. Ek moet erken dat dit GROOT WILSKRAG aan die dag lê  om op te hou en niks wat jou help nie. Jy sal agter kom jy haal gemaklikker asem. Ag jy voel oor die algemeen net beter. Dit was vir my die eerste twee weke baie moielik ek sal ampter sê  die eerste maand. Jy moet net vir jouself sê  EK KAN EN EK SAL NIE WEER ROOK NIE. Moet nie laat ander jou besluit beinvloed nie. Jy gaan baie keer lus kry vir ' n sigaret, maar moet nie toegee nie. Ek moet ook byvoeg jou gesondheid moet opgepas word dit is nie iets om mee te speel nie. Jy gaan dalk meer wil eet om die lus vir die sigarette te verberg, maar eerder dit as die slegte reuk van sigaret rook. Maar dan sal jy na jou gewig moet kyk.
STERKTE laat weet gereeld hoe jy vorder.

Reply to Lady man
Posted by: Lucille | 2009/02/26

Ek wil self ophou rook maar voel bietjie bang my tyd kom nader. Ek kan vir jou se hoekom jy so baie moeg en gaap. Suurstof!! Die beste ding vir jou, maar wat ek myself ontneem! Dis hoekom jy so moeg voel. Sodra jy ophou rook stop al die skade wat jy aan jou liggaam gedoen het dadelik en na 10 jaar se ophou rook begin jou longe weer herstel wel dis wat ek gehoor het. sterkte 26/02/2009

Reply to Lucille

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement