advertisement
Question
Posted by: Elna | 2012-05-25

Rooivleis

Watter snitte van rooivleis is die gesondste? Hoekom het rooivleis, en ook hoender en vis nie glisemiese lading nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Elna
Ek sal graag jou 2de vraag eerste beantwoord: Alle vleis, vis, hoender, eiers, melk en jogurt (m.a.w. hoë proteïenvoedsels) het 'n lae glisemiese lading omdat dit slegs spore of baie min koolhidraat bevat. Indien mens vleis, vis, eiers, hoender, melk en onversoete jogurt saam met koolhidrate eet, dan verlaag dit dadelik die glisemiese lading van die dis. Wat rooivleis aanbetref is dit belangrik om maer rooivleis sonder sigbare vet te koop, of om die sigbare vet af te sny, en om dit so gaar te maak dat daar nie nog addisionele vet bygevoeg word nie. Sg. "wit vleis" soos hoenderborsies, en varkvleis sonder enige sigbare vet, het 'n laer vetinhoud as beesvleis en skaapvleis. Goeie kwaliteit SA skaapvleis het ook 'n laer vetinhoud as oorsese skaapvleis. Wildsvleis het 'n lae vetinhoud a.g.v. die feit dat die diere so baie oefening kry.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012-05-27

Beste Elna
Ek sal graag jou 2de vraag eerste beantwoord: Alle vleis, vis, hoender, eiers, melk en jogurt (m.a.w. hoë proteïenvoedsels) het 'n lae glisemiese lading omdat dit slegs spore of baie min koolhidraat bevat. Indien mens vleis, vis, eiers, hoender, melk en onversoete jogurt saam met koolhidrate eet, dan verlaag dit dadelik die glisemiese lading van die dis. Wat rooivleis aanbetref is dit belangrik om maer rooivleis sonder sigbare vet te koop, of om die sigbare vet af te sny, en om dit so gaar te maak dat daar nie nog addisionele vet bygevoeg word nie. Sg. "wit vleis" soos hoenderborsies, en varkvleis sonder enige sigbare vet, het 'n laer vetinhoud as beesvleis en skaapvleis. Goeie kwaliteit SA skaapvleis het ook 'n laer vetinhoud as oorsese skaapvleis. Wildsvleis het 'n lae vetinhoud a.g.v. die feit dat die diere so baie oefening kry.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.