advertisement
Question
Posted by: Amelia | 2008/06/09

Rooibos en vesel

Ek is mal oor rooibostee en hou daarvan om dit warm of koud te drink. Maar ek is tans op 'n lae-vet dieet. Is dit reg as ek ongeveer 5 koppies rooibostee per dag drink in terme van my kilojoule inname? Ek gebruik suikerpille en slegs 'n bietjie vetvrye melk.

Ek wil ook graag u opinie omtrent iets vra. Een van die gebruikers van die webwerf het 'n tydjie terug verwys na Anne Till se boeke. Ek het ook 'n boek van haar. In die boek sê sy dat mense dink vesel sal help vir prikkelbare derms, maar dat te veel vesel die probleem kan vererger. Is dit reg so? Ek ly aan prikkelbare derm sindroom en wonder of ek nie dalk te veel vesel inneem nie aangesien dit nie beter word nie. Ek eet daagliks Kelloggs All Bran sowel as baie groente en vrugte (ten minste 2 appels, 1 piesang en baie groente).

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Amelia
Jou 5 koppies rooibostee en 'n bietjie vetvrye melk sal nie jou lae-vet dieet dwarsboom nie. Aangesien daar 3 variasies van prikkelbare dermsindroom voorkom (hardlywig, diarree of gemeng), is dit waar dat persone wat aan die variasie wat deur gedurige diarree gekenmerk word, wel hul veselinname moet beperk. Vir persone wat aan die hardlywige variasie ly, is 'n groter veselinname aanvaarbaar. Jy sal moet besluit watter soort prikkelbare dermsindroom jy aan ly en dan jou veselinname daarvolgens balanseer. As jy nie regkom met jou huidige dieet wil ek jou aanraai om 'n dieetkundige te spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieetvoorskrif moet uitwerk.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement