advertisement
Question
Posted by: Amanda | 2011-10-20

Rooi swelling aan onderbeen agv spinnekopbyt

Goeiedag, ek is deur ''n spinnekop gebyt al omtrent 7 maande gelede. Is deur verskeie kursusse antibiotika. Die rooiheid nog steeds dieselfde en voel of dit nou vererger. Die hele gedeelte om my enkel is vuurwarm, dit jeuk soms en is van tyd tot tyd baie seer. Enigste raad, behalwe vir al die medikasie wat ek gekry het, was om rekkous te dra! Dit word erger nou wat my betref en ek weet nie wie om te gaan sien nie. Watter tipe spesialis sien mens in so geval. Dit voel of ek een of ander tyd my been gaan verloor!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Amanda

Die byt van 'n sakspinnekop of vioolspinnekop kan baie lank neem om te genees en daar is nie definitiewe behandeling hiervoor nie. Ek stel voor dat jy 'n algemene snydokter vir 'n evaluasie konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Morne | 2016-02-29

Hi. Ek was so week terug in my nek gebyt deur n Sac-spinnkop. Dit het gejeuk en het baie seer geword en geswel. Dit jeuk nie meer nie maar is baie rooi en nog geswel en seer as ek daaraan raak. Ek het n afspraak by die dr. in die week maar enige idee wat ek moet doen tot ek hom sien?

Reply to Morne
Posted by: maryna | 2013-10-26

My man is deur n spinnekop gebyt. Was by n dr wt ni veel gedoen ht ni. Is no by n 2de dr in Kemptonpark. Hy spoel di gat elke dag uit mt abrokside en sit betadene op. Di gat begin no mooi regkom en di vuilgut is ni meer so donker bruin en stink ni meer so erg ni! Hy is ook op antibiotika en ander meds.

Reply to maryna
Posted by: Monique | 2011-11-12

Hi,

My dogtertjie (21 maande) is donderdag deur ''n spinnekop op haar bo been gebyt. Ek was daardie selfde middag by die dokter. Sy het vrydag aand met hoe koors gesukkel sowel as saterdag. Sy het ook gekla van kopseer en is baie dronk as sy loop. Ek was terug dokter toe saterdag en die dokter het antibiotika voorgeskryf. Sy sweet verskriklik. Kan dit enige verband hou met die spinnekop byt??

Reply to Monique | 1 comment (hide)
Posted by: Barbara | 2016-07-21

Aangesien sy nog so klein is en nie self kan sê hoe sy voel, moet jy baie waaksaam wees hiermee. My ma is 3 weke gelede gebyt en nou is haar hele arm so seer dat sy nie kan slaap of haar arm gebruik nie.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement