advertisement
Question
Posted by: Dezi | 2010-03-23

Rooi Peper

Ons koop ons vitamien aanvulings by Dischem toe ons sien dat hulle ''Cayenne Pepper"  in ''n pilvorm verpak en verkoop. Daar is ''[n baie lang lys van voordele en ons het dit ook begin gebruik. Nou vertel ''n ou by my man se werk dat Tipe A+ bloedgroep nie dit pille mag drink nie want dit tas jou niere, lewer en longe aan. Is dit so????? Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dezi

Ongelukkig is die produk nie getoets soos "regte" medikasie nie. Vitamiene en natuurlike produkte hoef nie aan die standaarde van medikasie gereguleerde nasionale medisyne raad te voldoen nie. Daarom kan ek nie 'n ingeligte opinie oor die produk gee nie. Jy verskaf geen inligting oor die daaglikse dosis en die miligram van die tablette en komposisies (hoof bestandeel en preserveermiddels) nie en ook nie wie die vervaardiger is nie.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Ronet | 2016-07-28

Koop gerus Herman Uys se boek. God se apteek. Alles wat jy wil weet van Rooipeper is daar in, jy sal nie teleurgesteld vertrek nie. Die Rooipeper verhaal is agter in die boek. Ek gebruik Rooipeper al vir baie jare en dit was net goed vir my op alle gebiede. Ek het ook ervaar dat die Rooipeper verhaal agter in die boek die volle waarheid is. (Ek drink 1 teelepel gemmer en 1 telepel rooipeper saam met 4 eetlepels of meer suurlemoensap op 'n glas water, elke dag. Drink nie alles op een slag nie, sip sip deur die dag totdat dit klaar is) Het 14 jaar laas verkoue of griep gehad, wonderlik vir sinus, hoes, keelseer etc. Koop die boek.

Reply to Ronet
Posted by: Mariana | 2015-02-20

Ek is tans in Dubai, en kry glad nie Rooi peper / Cayenne pepper op die rak. Hier is slegs chille powder is dit dieselfde? Ek het redelike hoe cholesterol, en wil graag prober

Reply to Mariana
Posted by: Dinah | 2014-11-24

Ek het gordelroos gekry baie erg en het begin om 1 teelepel Rooi peper 1/2 Borrie en vars suurlemoen sap elke oggend te drink en dit het my baie gehelp is Rooipeper werklik so goed

Reply to Dinah
Posted by: Daan Beukes | 2010-06-01

n Dosis van 1 teelepel per dag is blykbaar goed vir hipertensie.Kommentaar asb.

Reply to Daan Beukes
Posted by: Dezi | 2010-03-25

Dischem vervaardig dit en beveel aan 1 -2 tablette 1 - 2 keer per dag en 1 tablet = 500mg cayenne.

Reply to Dezi

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement