advertisement
Question
Posted by: Carla | 2010/08/11

Rooi oortjie

My seuntjie is 9 maande. Hy het al 3x oorinfeksie gehad met antibiotika. Toe is hy ENT toe die 3de keer, wat voorgestel het ek bring hom weer in September dat hy kan kyk of die vog en rooi opgeklaar het (tensy ek voor die tyd sien hy is siek). Hy het steeds (deur die winter) ''n loopneusie en het gister ''n ligte koors gehad. Ek gee illiadin. Ek het hom gister by die dokter gehad wat gesê  het die een oortjie is rooi en die keeltjie. Sy het egter nie antibiotieka gegee nie, tensy hy weer koors kry sal sy ''n voorskrif gee. Hy het nog nie weer koors gehad nie. Sal hierdie rooi oortjie heeltemal regkom in die somer, as die neusies ook nie meer so loop nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Carla

Die term "rooi oortjie" verwys na die status van die oordrom, en nie noodwendig na die middeloor self nie. 'n Rooi oordrom mag aanduidend wees van 'n middeloorinfeksie, wat antibiotika regverdig, of dan 'n middelooreffusie, wat dopgehou kan word. Antibiotika is slegs nodig as die oorsaak van die infeksie bakterieel van aard is, en nie in geval van 'n virale infeksie nie, daarom het jou dokter besluit om te wag. Infeksies veroorsaak deur virusinfeksies klaar op sonder antibiotika, en moet dus nie gegee word nie. As die pasdient nie beter is na 48 tot 72 uur nie, word antibiotika aanbeveel. Die besluit om te wag met die oortjie is omdat die kans goed is dat dit kan opklaar, veral soos in die somer omdat kinders minder boonste lugweg infeksies kry. As die neusie opklaar, mag die ore verbeter. Dan is geen verdere behandeling nodig nie.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement