advertisement
Question
Posted by: Liezel | 2012/05/23

Rooi branderige uitslag

Hi dok.

Ek het ''n paar aande gelede aan die etenstafel opgemerk dat my arms skielik warm voel en ''n uitslag ontwikkel het. Dit is warm, voel soos sonbrand en het ''n vlekkerige voorkoms. Dit was net op my voorarms en onderbene. Die volgende dag was dit oor my hele lyf en het vererger as ek iets warm drink of eet. Ek was Dr toe en hy se dis net ''n uitslag van iets wat ek geeet of ingeasem het. Niks ernstig nie. Vandag het my voorarms redelik gebrand, so dat ek AfterSun wil opsmeer. Ek het in die bed gaan le en erg koue koors oor my hele lyf gekry. Ek self het nie koors nie en voel nie siek nie, maar die uitslag is vuurwarm. Vannaand het my liggamente en gewrigte so erg gepyn dat ek nie my 2 klein kindertjies kon bad nie en ek kon nie 2 trappies klim nie. My hele lyf pyn. Na 2 tablette Synaps Forte het ek weer gevoel ek kan berge versit, alhoewel die uitslag nog daar is.

Wat sal dit wees? Hou my lyfpyn verband met die uitslag?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liezel

Dit is moontlik dat jy 'n allergiese reaksie het, maar dit is ook moontlik dat jy 'n virale infeksie het, wat veral verband hou met lyfseer en gewrigspyne. Ek stel daarom voor dat jy jou dokter herkonsulteer en hom verwittig van die lyfseer en gewrigspyne. Vra jou dokter vir 'n voorskrif vir Celestamine om 'n moontlike allergiese reaksie te behandel.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: sarel | 2012/08/27

jeukende geselde vingerpunte

Reply to sarel
Posted by: Liezel | 2012/05/24

Dok, gisteraand was my lyf en gewrigte so seer ek kon nie loop of buk nie. My polse kan nie draai nie, my kniee voel soos ''n ballon geswel en kan nie buig nie. Vanoggend was my vingers geswel ek kon nie vuis maak nie en die vingerpunte dood. My lyf is oral net seer! En ek is 36 jaar oud!! My uitslag is steeds daar, net bietjie ligter. Ek het nie koors nie en voel nie siek nie, net oral pyn! Het Synaps Forte pille gedrink gisteraand toe voel ek baie beter. Vanoggend nou net weer alles styf en geswel?

Reply to Liezel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement