advertisement
Question
Posted by: Sonbesie | 2011/11/28

RONDEWURM

Goeiedag Dr. Burger

Die afgelope paar weke is my maag opgeblaas en ek eet als wat voorkom maar gelukkig het ek nie gewig opgetel nie en sukkel my dood om die ekstra kilos te verloor.
My hare is ook baie droog die afgelope 2 weke en ek is naar en kry baie hoofpyn.

Saterdagaand was ek toilet toe en sien toe daar n LEWENDIGE rondewurm in die water swem (dit klink disgusting maar dis nou maar hoe dit is). Ek skrik my altyd dood en raak baie bang al het dit al voorheen gebeur, daar is n moewiese stigma aan ingewand wurms en mens voel vuil seker oor die stigma.

Gisteroggend kry ek toe die 100mg Vermox wat mens vir 3 dae drink want dis mos nou beter as die 500mg siende dat ek myself meer as n jaar laas ontwurm het.
Ek het vanoggend die 3de een gedrink en ek sien nie enige wurms wat uitgekom het nie maar dalk is ek te haastig.

Moet ek dalk nog n 3 dag kursus doen of id die 1 pakkie genoeg? Moet ek oor n maand die 500mg once off dosis neem of kan ek dit maar oor 3 maande doen?

Gaan al die wurms uitkom saam met die eiers? Ek wil nie he daar moet nog eiers uitbroei in my derm nie en ek wil ook nie blind word nie.

Ek is nou te bang om iets te eet wat slaai en vrugte betref. Ek is baie lief vir blaarslaai en dink ek het een of ander tyd die goed nie goed genoeg afgespoel in soutwater nie.
My honde word gereeld ontwurm en van wat ek aflei kry mens dit nie by troeteldiere nie, net op wars groente en vrugte, is dit waar?
Moet ek seker die res van my lewe elke 3 maande Vermox neem?

Hoop om gou van u te hoor.

Groete
Sonbesie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sonbesie

Die drie dag kursus behoort genoeg te wees en jy behoort elke ses maande die kursus te herhaal. Was slaaiblare en groente so goed as moontlik met soutwater. Wurms kan baie maklik by troeteldiere aangesteek word en dit is daarom baie belangrik om hulle ook gereeld te ontwurm.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement