advertisement
Question
Posted by: engela | 2011/10/25

riffels op naels en pyn langs slape

Hi Dr
n Paar jaar gelede het riffels op my naels verskyn, wat is die rede?
ook:
So elke nou en dan, wanneer ek my vingers deur my hare steek bokant my ore, is dit asof n elektriese skok (regtig seer) my daar tref. Wanneer ek direk daarna my vingers weer saggies deur my hare trek, dan is dieselfde area baie gevoelig en seer. Dit het ook al gebeur aan die bokant van my kop. Die toestand hou gewoonlik n paar dae, en gaan ook gepaard met steke deur my kop. Is dit dalk sinus?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Engela

Groewe in jou naels kan 'n teken wees van 'n sistemiese toestand, soos byvoorbeeld, leweraantasting. Konsulteer jou dokter vir 'n ondersoek en bloedtoetse om vas te stel of daar enige onderliggende patologie teenwoordig is.

Die dokter kan ook 'n ondersoek doen om vas te stel of jy sinusitis het.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement