advertisement
Question
Posted by: Celeste | 2011/08/05

Rhyzotomy

Hi dok

Na hoe lank sal ek verligting begin kry as ek ''n rhyzotomie gehad het? Ek het reeds 6 nekoperasies ondergaan en die pyn het nou afgeskuif na die Torakale vlakke. Verlede Vrydag het ek die rhyzotomy op T2-T8 gehad, maar voel geen verbetering nie.

Ek ervaar van gister af weer pyn in my nek ook, wat nie voorheen daar was nie en ek het ''n brandgevoel in die spiere vanaf my nek tot af in my rug.

Ek het ook ''n stywe gevoel in die werwels en voel of dit gevries is en ek kan nie afkyk nie.

Enige advies sal welkom wees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Celeste

Pyn verligting behoort onmiddelik te wees, want die senuwee wat die sensasie van pyn oordra, word vernietig. Die pyn verligting behoort 5 tot 8 te hou totdat die senuwee regenereer en die prosedure herhaal moet word. Dit is moontlik dat jy slegte nagevolge en moontlike komplikasies van die operasie ondervind. Dit sal deur die neuroloog wat die operasie uitgevoer het, aangespreek moet word. Tree onmiddelik met hom/haar in verbinding om hierdie nagevolge te bespreek.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement