advertisement
Question
Posted by: M* | 2009/12/07

Rek merke

Hi, ek het van kleins af ' n ekstra sensitiewe vel. As dogterjie het ek een oggend opgestaan met pers merke tussen my bene..my ouma het te sleg gevoel om vir my die waarheid te vertel so syt gemaak assof sy nie weet nie. Ek was nog nooit oorgewig nie. Vandag is ek 20, 1.6 en weeg 48kg. Die rek merke van my kinder lewe is nou baie baie lig, mens sien dit glad nie en dit pla my ook glad nie maar, ek het 2kilos verloor deur laas week..ek het opgelet dat ek oor my boude rek merke het..oor my bene..binne en buite. dis van daai baie ligte merke..jy sien dit nie tot j my vel bestudeer nie maar ek voel dit. Hoekom kry ek merke as ek nie eers van vet na maer is nie? Ek is so ongelukkig! Is dit moontlik dat ek my hele lyf vol kan merke kry? Dit voel assof ek op my arms ook kry..ek het dan dun arms?:-( ek is bang vir die dag wat ek gaan kinders kry..hoe gaan ek nie dan lyk nie! My merke is diep ( of so lyk / voel dit ) maar baie lig..hoekom is dit daar in die eerste plek? Ek gym 3-4 keer ' n week en eet gesond. Wat meer moet ek doen om te verhoed dat ek nie nog merke kry nie? Is dit maar net in my gene of doen ek iets wat dit veroorsaak? Is daar medikasie wat ek kan drink? asb gee raad-

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo M*
Rekmerke kan veroorsaak word deur gewigs verlies/optel, maar ook deur hormoon veranderinge of die gebruik van kortisone. Wit merke is ou merke wat klaar litteken weefsel gevorm het so dit is waarskynlik al jare daar - dalk lyk dit net nou meer prominent vir jou.
Dit is geneties so mens kan dit nie regtig vermy nie, behalwe om versigtig te wees om nie steroide en kortisone onnodige te gebruik nie, en om nie vinnig gewig op te tel nie. Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/12/07

Hallo M*
Rekmerke kan veroorsaak word deur gewigs verlies/optel, maar ook deur hormoon veranderinge of die gebruik van kortisone. Wit merke is ou merke wat klaar litteken weefsel gevorm het so dit is waarskynlik al jare daar - dalk lyk dit net nou meer prominent vir jou.
Dit is geneties so mens kan dit nie regtig vermy nie, behalwe om versigtig te wees om nie steroide en kortisone onnodige te gebruik nie, en om nie vinnig gewig op te tel nie. Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement