advertisement
Question
Posted by: mpc | 2012/08/08

regtig bekommerd

naand dr ek wou graag by kardioloog antw he maar sien hy is nie beskikbaar nie.

My man wat nou 32 is was vir n koartasie van die aorta operasie op drie jarige ouderdom. Hy is taamlik gesond en het geen komplikasies gehou nie. Hy is op medikasie vir onderaktiewe skildklier en effense hoe bloeeddruk.
Sy tande het die afgelope tyd baie gepyn en hys tandarts toe die tandarts het sy tand getrek nou lees ek op sy ma het my baie bekommerd blykbaar moes my man eers antibotika kry voordat tand getrek is om moontlikheid van bakteriele infeksie uitteskakel. Dis n week later sy tande pyn nog en die tandarts het vir hom augmentim 1000mg x2 per dag voorgeskryf, wat is die kans dat hy nou infeksie sal kry. Eks bang regtig.

Is daar iets waarvoor ons moet uitkyk of nie

Asb dankie vir die raad

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

MPC

Die kanse dat hy infeksie sal kry, is baie gering en ek dink nie jy hoef bekommerd te wees nie. Antibiotika word gewoonlik gegee vir pasiente met hartklepsiekte. In sulke pasiente is daar 'n kans vir infeksie van die abnormale hartkleppe. Indien hy 'n hoe koors ontwikkel, met 'n baie vinnige pols en borskaspyn, moet julle 'n dokter konsulteer. Om veilig te wees, moet hy antibiotika gebruik voor enige tandarts prosedure.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement