advertisement
Question
Posted by: Michelle | 2008/11/11

Regter arm steke by elmboog? DR raad asb

Hallo daar..ek kry iets wat voel soos " steke"  tussen die knop van my elmboog en die been wat mens langs aan voel..dit gebeur selfs al hou ek my arm stil! Voel amper soos wanneer jy jou voet dood gesit het en die lewe terug kom..is die eerste keer wat ek dit kry..is dit wat hulle " tennis elmboog"  noem? Wat kan dit wees..my stokperdjie is skilder en ek het Sondag fyn werk gedoen..kan dit daarvan wees..? Hoe lank voordat dit weg gaan? Dankie..Michelle

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Michelle
Jou ulnare senuwee na jou hand toe loop deur daardie tonneltjie - jy het dalk die senuwee bietjie gekneus, maar dit is nie tennis elmboog nie ( dit word veroorsaak deur 'n spier wat ooreis word en sit op 'n ander plek) Sit bietjie voltaren jel op en kyk of dit beter word, as nie, moet mens dalk maar 'n dokter sien om te kyk of die tonneltjie oopgemaak moet word dat die senuwee meer plek het en nie vasgedruk word nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement