advertisement
Question
Posted by: nicci | 2009/11/09

regte pad??

Doc ek is 37 jarige vrou het ruk gelede gewig verloor deur byna op te hou eet verkeerd ek weet mar die afgelope tyd kom ek net nie meer reg met gewig verloor nie ek is 1.78 en weeg tans 75kg bmi normaal dink maar ek bly moeg ek glad nie eens lus vir die gym nie oefen maar af en toe tuis
ontbyt sny roosterbrood met stukkie kaas
mid morning vrugteslaai met n sny toast
middagete 2 snye lae gi brood met kaas en tamatie en blaarslaai
snack niks
aandete bitter min stukkie hoender en miskien groente en rys of pasta en dan teen slaaptyd dood honger en eet datn n snytjie brood met peanut botter ek drink heelwat koffie maar sonder suiker en lae vet melk en soms as ek so baie moeg voel sal ek saam die kids jelly babies eet hoe gan ek gewig verloor asb??

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nicci
Jou huidige BMI = 23,4 wat mooi binne die normale reikwydte van 18-25 val. Maar dit is nie reg dat jy jou so moet uithonger nie, want soos jy alreeds ondervind, het jy geen energie nie. Aangesien jy vir 'n tyd so swak geëet het, wil ek jou vra om 'n dokter te spreek dat hy/sy kyk of jy nie dalk aan bloedarmoede ly nie (dit word veroorsaak deur 'n gebrek aan yster en/of vitamien B12 in die dieet). Bloedarmoede kan jou baie moeg en pap en lusteloos laat voel. 'n Onderaktiewe tiroïedklier kan ook sulke simptome veroorsaak en ook gewigsverlies belemmer. Insulienwanbalans moet ook nagegaan word omdat dit ook vir jou pap kan laat voel. Kom ons kyk nou eers wat die toetse wys. Dan wil ek jou graag aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek, want jy moet 'n gebalanseerde dieetvoorskrif kry wat jou help om jou gewig te beheer, maar steeds al die voedingstowwe bevat vir goeie gesondheid en energie. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Gaan sien asb eers die dr sodat ons ‘n diagnose kan kry.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2009/11/09

Beste Nicci
Jou huidige BMI = 23,4 wat mooi binne die normale reikwydte van 18-25 val. Maar dit is nie reg dat jy jou so moet uithonger nie, want soos jy alreeds ondervind, het jy geen energie nie. Aangesien jy vir 'n tyd so swak geëet het, wil ek jou vra om 'n dokter te spreek dat hy/sy kyk of jy nie dalk aan bloedarmoede ly nie (dit word veroorsaak deur 'n gebrek aan yster en/of vitamien B12 in die dieet). Bloedarmoede kan jou baie moeg en pap en lusteloos laat voel. 'n Onderaktiewe tiroïedklier kan ook sulke simptome veroorsaak en ook gewigsverlies belemmer. Insulienwanbalans moet ook nagegaan word omdat dit ook vir jou pap kan laat voel. Kom ons kyk nou eers wat die toetse wys. Dan wil ek jou graag aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek, want jy moet 'n gebalanseerde dieetvoorskrif kry wat jou help om jou gewig te beheer, maar steeds al die voedingstowwe bevat vir goeie gesondheid en energie. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Gaan sien asb eers die dr sodat ons ‘n diagnose kan kry.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.