advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010/09/20

Reflux of EBV

Hi Doc,

Nou slaan ek oor Afrikaans toe anders gaan ek baie spelfoute maak. Ek is nou weer terug op 30mg Lansoloc saans. Dit voel egter of dit erger word en nie beter nie. My mond is rou en seer. selfs my tong. Dit voel soos wanneer ''n mens warem tee gedrink het en jou mond gebrand het. Dis nou al vir 3 dae lank so erg.

Kan dit die reflux wees wat my mond so brand, of moet ek myself weer laat toets vir ''n reaktivering van EBV. ek voel nie lekker nie.

Dankie vir die hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Liewe Gesiggie

Jou EBV kan reaktiveer, en dit word met 'n bloedtoets bevestig. 'n Internis se raad mag hier van waarde wees.
Met simptome van 'n brandende mond, moet veral gelet word op jou tiroiedfunksies, ysterstatus, vlakke van Vit B12 en folaat, asook natuurlik die effek van die medikasie op jou tong. Impedansie mag waardevol wees om jou refluksstatus te bevestig, al dan nie. Gepaardgaande stres is natuurlik nie baie goed nie. Dit moet identifiseer word, en ook hanteer word.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement