advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010/09/21

Reflux en baie seer keel

Ek kom nou net van my GP af. Ek het gehoop dat my seer keel dalk deur die EBV veroorsaak kan word. Maar hy hou vol dis reflux aangesien my tong stukkend is, selfs langs my wange dop vel af en keel bloedrooi.

Hy het wel ''n knop in my nek ontdek en stuur my vir ''n Thyroid-sonar, maar dit verklaar nie keel-simptome nie. Ek het Nexium 40mg gekry wat ek soggens moet drink vir 2 weke en dan wil hy weer in my keel in kyk.

Die Prof se PH toets het gewys dat ek nie acid reflux het nie, tog hou die ENT vol dat ek LPR simptome het en my LES moet reggemaak word.

Ek weet nie meer wat aangaan nie. Die Prof se toetse kan mos nie verkeerd wees nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Gesiggie,

Kry 'n ander opinie, as jy onseker is. Onthou dat jou ENT jou klinies ondersoek en wel die status van die larinks kan evalueer, en dus in 'n beter posisie te maak aangaande die moontlikheid. Jy mag baie moontlik nie sooibrand simptome voel nie, maar tog LPR he. Indien mens egter die probleem wil evalueer op behandeling, is die aanbeveling dat jy 'n tweemaal per dag dosering Nexium moet neem, vir 'n langer tyd as normaal vir reflux/sooibrand. Soos genoem, behoort Impedansie toetse uitsluitsel te gee, dus kan 'n gastroenteroloog meer uitsluitsel hieroor gee, as ook 'n aanbeveling maak aangaande chirurgie. Indien medikasie werk, is dit natuurlik die beste opsie.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement