advertisement
Question
Posted by: Fia | 2011/10/20

Reaksie op medikasie

Dokter, ek wil hoor of u vir my kan verduidelik hoekom medikasie verskillende uitwerkings het op verskillende mense. Ek is erg vatbaar vir die newe-effekte vir enige medikasie wat alkohol of kodien bevat. Enige tablette of hoesmedisyne wat aandui op verpakking dat dit tot lomerigheid of verswakte konsentrasie kan lei, tas my geweldig aan. Ek kan nie eens ''n halwe allergiepil soos Allergex drink nie, dan is ek vir ten minste 24 uur in ''n trans (kannie wakker word / of bly nie) en slegs 10ml hoesmedisyne wat alkohol of kodien bevat laat my tot 12 ure lank slaap asof ek ''n slaappil kon neem (laasgeoemde kan ek glad nie gebruik nie - buiten die vaak maak dit my ook fisies siek) en wanneer ek dan wakker word is ek mislik die hele dag (amper soos wanneer mens babalaas het). Is ek dalk allergies vir spesifieke middels in die medikasie of is daar moontlike wan-funksie van my lewer?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Fia

Dit is nie as gevolg van 'n wan-funksie van jou lewer nie. Ongelukkig het medikasie verskillende uitwerkings wat verskil van persoon tot persoon. Die vertering/opruiming van medikasie hou gewoonlik verband met die funksie van die ensiem P450. Jou reaksie tot medikasie is nie 'n aanduiding daarvan dat daar iets verkeerd is met jou nie. Indien jy egter bekommerd is, kan jy jou dokter vir 'n nier- en lewerfunksie toets konsulteer.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Fia | 2011/10/24

Dankie dr vir die verduideliking, ek waardeer. Kan of moet hierdie ensiem aangevul word, indien moontlik of dit maar iets wat jou liggaam self produseer?

Reply to Fia

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement