advertisement
Question
Posted by: Ekke | 2008/07/24

Re:1845-vir dok asseblief

Hi dok, alweer ekke.

Dit is so embaressing om daaroor raad te vra, maar my probleem het terug gekom. Iewers bo in my rektum(?) is dit so seer, dit voel asof dit ' klop' .... veral as ek sit. Ekt maar gisteraand weer met die setpille begin. Die bloed is weg, maar dit voel asof iets in my stoelgang my rektum gesny het. Dit is so frustrerend, want ek het nog nooit in my lewe probleme gehad en nou na die antibiotika (seker 3 maande terug) moet ek so suffer. Dit is weird om seer daar binne iewers te he want jy kan niks sien/voel nie!

Ek is te skaam om ' n chirurg te gaan sien.

Dankie weereens.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ekke
die meeste dokters het al so baie boudjies gesien en so baie dermondersoeke gedoen, dit is vir hulle glad nie meer snaaks of jiggie nie!! Hulle laat jou op jou sy lê met jou gesig weg van hulle af en gooi 'n lappie oor jou, en voel gou en dan is dit oor. As hulle met 'n kameratjie moet kyk sal hulle vir jou narkose gee. As die ding klop is ek nou net bang jy is besig om 'n abses te ontwikkel, en daar moet mens liewer gou speel voor jy met fistels en sulke goed opeindig!
As jy skaam is vir jou eie huisdokter, soek 'n ander een van dieselfde geslag as jy vir hierdie ondersoek!
Groete
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement