advertisement
Question
Posted by: LWV | 2009/02/16

Re@: Zentel 400mg

Hi dok,
Ek het begin met ‘ n kursus Zentel (400mg per dag) vir drie maande lank. Daar is ‘ n helse groot hydia sist van my long verwyder en daar is ‘ n mootlikheid van een in die lewer (radioloog wil glo dit is slegs ‘ n letsel, maar chirurg sê  dat hy dink omdat een in long sist was is een in lewer dalk ook een).
In elk geval, die Zentel laat voel my regtig nogal mislik veral in die middag. Ek herstel nog van die long operasie wat flippen seer was (deur die ribbes gewerk vir 3 ure lank!) –  operasie is 19 Jan 09 gedoen. Die chirurg het my gesê  hy wil hê  ek moet die Zentel (albendasool) gebruik want dit “ steriliseer”  glo die sist (maak die larwe binne dood) sodat dit nie sister sists kan maak ens nie . Die chirurg het gedink om die lewer se sist dan later te aspireer, maar het met my laaste besoek gesê  hy wil eers bietjie navorsing doen daaroor omdat chirugie eintlik die regte manier is om dit te behandel.
In elk geval ek het nou bietjie gelees en navorsing gedoen oor Zentel en ek lees by sommige mense kan dit jou lewerfunskies beinvloed en ook jou beenmurg (witbloedsel vorming) onderdruk. Ek drink van gister af sommer Esentiale saam met die Zentel wat my nogal baie beter laat voel en die mislikheid wegneem. Ek wil graag weet:
1. Is nodig om so eenkeer ‘ n maand my witbloedtelling te laat neem en my lewerfunksies te toets? Is daar enige tekens wat ek sal voel/sien as my witbloed sel telling daal en watse mediese behandeling is beskikbaar indien dit gebeur?
2. As ek na hierdie drie maande die pille klaar gedrink het, is die die vloeistof binne die sist nog steeds so “ gevaarlik”  vir jou liggaam?
3. Kan ek maar die esentiale drink saam met die Zentel –  dis tog maar net vitamiene aan die einde van die dag? Ek lees dat die Zentel soortvan die glukose opname van die larwe/sist inhibeer wat die ding dan dood, so ek wil net seker maak dat ek nou nie aan die een kant die Zentel/Esentiale teen mekaar werk nie?!

Ek lees ook dat die sist raak in die meeste gevalle " gesond"  na sulke strawwe albendasool toedienings?

Ek wil graag die flippen wurms in my dood hê , so ek sal regtig enige ding doen –  net nie weer ‘ n operasie nie!!!
Baie dankie… 

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo LWV
Mens kan defnitief jou volbloedtelling en lewer ensieme sommer twee weekliks vir die eerste 3 maande toets, dan maandeliks daarna. 30% van mense herstel met die behandeling, 30-50% se sist krimp en 20-40% bly die sist dieselfde.
Jou dokter sal die artikel dalk interessant vind:http://www.journals.elsevierhealth.com/periodicals/ijsu/article/PIIS174391910800112X/abstract
Jy kan maar jou Essentiale gebruik!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement