advertisement
Question
Posted by: Anony | 2010/03/24

RE: Sonar

Goeie dag Dok,

Ek het in laas week ''n post gelos wat se subject " sonar"  was, Baie dankie vir die vinnige antwoord wat ek daarop gekry het

Ek is vruolik, en ek het die dokter gebel en gevra of ek daardie sonar verslag kan kry, sy ontvangs het gese dat die dokter geen verslag of fotos van die sonar neem nie, hy doen slegs die sonar om te kyk dat somige dinge reg is voor mens gaan vir die gastroscopy en hy het ook geen sins nodig om enige iets vir my te se oor die sonar omdat hy nie ''n ginikiloog is nie.

wel ek was die vorige keer wat ek geskryf het slegs bekommerd oor die swart kol op die sonar, daarna het ander dinge gebeur waaroor ek ook bekkomerd is. ek het my ginikiloog geskakel en ek kan hom eers in mid April sien, tot dan is hy vol geboek.

Buiten vir die swart kol wat ek op die sonar gesien het, was my maandstonde laat gewees, ek was veronderstel om op maadnag die 15de te begin maar het eers op sondag die 21ste begin, my menstruasie hou aan vir minstens 6-8 dae, hierdie keer het die 2 dae gehou, en ek het verskriklik pyn gehad, met tye was dit so seer ek wou huil, my menstruasie het nou gestop maar ek het nogsteeds baie seer. sover ek weet is dit normaal vir ''n vrou om soos, wat ek noem klonte, uit te skei terwyl hul menstrueer, en dit is wat normaalweg gebeur, hierdie keer was daar glad klonte tussen in nie dit was net skoon bloeding. Dan as ek wil urineer is as of ek dit net skielik voel en ek kan dit nie knyp nieek moet dadelik hardloop. ek is 23 jaar oud

kan dok my asb. net ''n idee gee van wat dit dalk kan wees aangesien ek eers my ginikiloog in die middel April kan sien enintussen geen idee het van wat aangaan met my nie

Baie Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy Naproxen gebruik gedurende jou maandstonde om die pyn te verlig. Menstruasie hoef nie noodwendig klonterig te wees nie. Die swart kol op die sonar kon doodgewoon 'n vog gevulde struktuur wees en is heel waarskynlik jou blaas.

Ek stel voor dat jy ontspan en wag vir jou afspraak by die ginekoloog.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement