advertisement
Question
Posted by: Christi | 2010/10/11

Re Post1408: Bell''s Palsy

Naand Dokter,

Ek was nog elke keer na `n spesialis verwys, hulle het elke keer `n MRI Scan aanbeveel maar niks fout gekry nie al die bloedtoetse en alles het elke keer nog negatief teruggekom. Die CT scan wat na die oorkanaal kyk was ook normaal.

Ek het al 6 keer Bells gehad, en die herstelproses vat elke keer al hoe langer. Ek het Bells al gelyk aan die linker en regterkant van my gesig gehad met beide oog en mond verlamming en die herstelproses was 7 maande. Dit was toe ek 16 was. Die laaste keer was 4 jaar gelede.

Dokters kry nie die oorsaak nie, en dit is regtig erg frustrerend, ek GLO en VERTROU dit sal nie weer toeslaan nie. Ek was nogal bekommerd hierdie jaar omdat ek met gereelde keelinfeksies gesukkel het, maar dit lyk my ook darem nou iets van die verlede te wees.

Dalk kan dr my meer vertel van Bells, of soos sommige dokters al vir my gesê  het: Ek kan maar my eie boek begin skryf.

Lekker aand

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Christi
Ja nee, dit klink of jy al 'n boek kan skryf! Dis erg om dit al 6 keer te gehad het! Dit kan wees dat jy 'n dormante virus het wat in die gesigsenuwee lê en elke keer geaktiveer word. AS dit ooit weer gebeur, vra jou dokter of julle nie 'n kursus antivirale medikasie kan probeer nie (maar jy moet dit binne 24 uur van aanvang van simptome begin gebruik)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/10/11

Hallo Christi
Ja nee, dit klink of jy al 'n boek kan skryf! Dis erg om dit al 6 keer te gehad het! Dit kan wees dat jy 'n dormante virus het wat in die gesigsenuwee lê en elke keer geaktiveer word. AS dit ooit weer gebeur, vra jou dokter of julle nie 'n kursus antivirale medikasie kan probeer nie (maar jy moet dit binne 24 uur van aanvang van simptome begin gebruik)
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement