advertisement
Question
Posted by: Helena | 2012/01/18

RE: Post 287

Baie dankie dokter

Ja, ek kry oor die algemeen gereeld diarree, en elke keer verskillend. Soos aan die begin van my vakansie was ek naar, moeg, kopseer en net pê . Vreeslik gesweet en hoë  koors. Maar nou is dit diarree, veral nadat ek geë et het, maar voel nie siek nie. Geen krampe of naarheid.

Ek het gedurende die vakansie so ''n erge pyn op die krop van my maag gehad, wat net nie wou weg nie. Die een dr het gesê  dis galblaas ontsteking, maar toe ek by my huis dr uitkom, het hy gesê  dis ''n tipe gastro agv voedsel allergie en vir my Histak voorgeskryf.

Kan my huis dr die voedsel allergie bloed toets doen en weg stuur patroloë  toe?

Ek het al begin dink die knaende diarree is die vetjies wat af breek... ???

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Helena
Ek is jammer om te hoor dat jy heeltyd siek voel -dis mos nie lekker nie! As ek jou berig lees, dan wil dit my voorkom dat jy aan die begin van die vakansie erge gastroënteritis gehad het wat waarskynlik deur 'n virus of bakteriële infeksie veroorsaak is. Die feit dat jy daarna steeds nie goed voel nie, klink nie vir my soos 'n allergie nie - dit kan ook die simptoom van soveel ander verskillende toestande wees, bv: galblaasprobleme, pankreatitis, maagswere, ensiemgebreke, of 'n reaksie op die hewige gastro wat jy vroeër gehad het. Aangesien dit jou lewe bemoeilik, sal ek aanraai dat jy 'n gastroënteroloog (‘n internis wat in gastroënterologie spesialiseer) gaan sien. Vra jou dr om jou te verwys sodat jy 'n deeglike ondersoek kan kry en hierdie toestand opgelos kan word. In die tussentyd is dit miskien 'n goeie idee om probiotika ("goeie mikroörganismes") te neem soos Intestiflora (koop by gesondheidswinkels), om jou mikroörganismes in jou ingewande weer normaal te laat werk. Mense kry dikwels na 'n erge gastro sulke 'reaktiewe diarree' a.g.v. die versteuring van die natuurlike mikroörganismes in die spysverteringskanaal
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/01/18

Beste Helena
Ek is jammer om te hoor dat jy heeltyd siek voel -dis mos nie lekker nie! As ek jou berig lees, dan wil dit my voorkom dat jy aan die begin van die vakansie erge gastroënteritis gehad het wat waarskynlik deur 'n virus of bakteriële infeksie veroorsaak is. Die feit dat jy daarna steeds nie goed voel nie, klink nie vir my soos 'n allergie nie - dit kan ook die simptoom van soveel ander verskillende toestande wees, bv: galblaasprobleme, pankreatitis, maagswere, ensiemgebreke, of 'n reaksie op die hewige gastro wat jy vroeër gehad het. Aangesien dit jou lewe bemoeilik, sal ek aanraai dat jy 'n gastroënteroloog (‘n internis wat in gastroënterologie spesialiseer) gaan sien. Vra jou dr om jou te verwys sodat jy 'n deeglike ondersoek kan kry en hierdie toestand opgelos kan word. In die tussentyd is dit miskien 'n goeie idee om probiotika ("goeie mikroörganismes") te neem soos Intestiflora (koop by gesondheidswinkels), om jou mikroörganismes in jou ingewande weer normaal te laat werk. Mense kry dikwels na 'n erge gastro sulke 'reaktiewe diarree' a.g.v. die versteuring van die natuurlike mikroörganismes in die spysverteringskanaal
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.