advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009/05/19

RE Post 1517

Baie dankie vir die antwoord. Op aanbeveling van die pediater het ek my dogtertjie van dag een op NAN HA gesit omdat ek baie allergies was as kind(allergies vir koring en mielies(meeste stysel maar het dit ontgroei). My dogtertjie het nog geen teken van allergie getoon nie. Ek gee vir haar joghurt en kaas. Is dan reg as ek vir haar Nido gee of moet ek wag tot sy 15maande oud is.
Sy eet ook pap en ' n gebalanseeerde bord kos by die dagmoeder(groente, stysel en vleis) in die middag maar wil nie veel in die aand eet nie. Is dit ok as sy net ' n bakkie joghurt of ' n vrug soos piesang of papaja in die aand eet(dit is al wat sy wil eet).
Weereens baie dankie vir die raad

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anonymous
Dit is 'n plesier. Aangesien jy die NAN HA profilakties gebruik het en jou dogtertjie geen allergiesimptome tot nou toe gehad het nie, kan jy nou Nido in baie klein hoeveelhede gee om te toets hoe sy reageer. As sy geen allergiese simptome ontwikkel, dan kan jy die porsies geleidelik vergroot. Dit is ook potensieel moontlik om haar verdunde koeimelk te gee vir die "uitdaging". Dit is wel waar dat allergiese ouers, allergiese kinders het, maar mens moet altyd onthou dat die allergie baie verskillend van geslag tot geslag kan manifesteer. Jy was bv. allergies vir koring en mielies en het sekere simptome ontwikkel, maar die volgende generasie sal miskien op stuifmeel reageer en simptome soos loopneus ontwikkel. Mens moet maar die dogtertjie dophou om te sien of sy wel allergieë gaan ontwikkel, al dan nie. Ek hoop sy bly allergie-vry. Klein kindertjies het 'n klein maagkapasiteit en kan nie groot hoeveelhede kos op 'n slag eet nie. As jou dogtertjie 'n taamlike groot maaltyd vir middagete kry, dan sal sy waarskynlik in die aand nie baie honger wees nie. 'n Ligte maaltyd van jogurt met vrugte of 'n gekookte eier met volgraan roosterbrood, ens, behoort voldoende te wees.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement