advertisement
Question
Posted by: LJ Schoeman | 2009/01/13

Re@: Egginokokkus Sist

Hi Dr,
Is ‘ n Egginokukkus sist in die onderste kwab van die regter long ‘ n “ bad”  ding om te hê ? Dit is omtrent so groot soos ‘ n tennisbal… 
Ek het gelees dat die prognose vir die tipe ding gewoonlik nie sleg is nie en word deur medikasie behandel of verwyder dmv ‘ n operasie. Die ding is verlede week “ toevallig”  by my gediagnoseer en ek kon eers einde van die week by ‘ n spesialis ‘ n afspraak kry. My huisdokter het my na ‘ n Internis verwys en ek gaan ook ‘ n CT scan doen voor ek hom sien. Ek is eintlik so half teleurgesteld want my huisdokter het nie juis vir my veel vertel van die ding nie en ook nie juis vreeslik bekommerd gelyk daaroor nie. Nou weet ek nie wat om daarvan te maak nie en ek stres my dood… 
Ek wil graag weet:
Hoe sleg is dit nou eintlik om so iets te hê ? Hoe word dit behandel en kan ek volkome herstel? Wat is die risiko’ s? Terwyl die ding daar sit, het dit uitwerking op my long kapsiteit? As ek klaar die internis gesien het Vrydag, sal ek nog verder deur ‘ n pulmunoloog ook gesien moet word?
Ek is 30 jaar oud, super top-fiks en het hierdie jaar vreeslik uitgesien om op nasionale vlak deel te neem aan bergfietsry. My huisdokter het gesê  ek kan aangaan soos normaal met wat ek doen, maar dit sal net goed wees as die spesialis ook net vinnig daarna kyk… 

As ek al enige simptome van die ding ervaar het sal dit beperk wees tot ' n konstante hoesie (soms droog soms nat) met soms ' n souterige nasmaak. Ek het redelik rinitus agv van die fietsry met baie blootstelling aan stof. As ek net bietjie meer inligting kan kry sal ek ook sommer beter voel oor die hele ding.
Groete,
LJ

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo LJ
'n Ecinococcus sist of "hydatid cyst" word veroorsaak deur die larwe van 'n lintwurm (Echinococcus granulosus)
Mense is 'n toevallige intermediêre gasheer en sists ontwikkel gewoonlik in die lewer en longe, dit kan vir jare simptoomloos bly en kan eers simptome otnwikkel as dit groter as 5 cm word. Omdat die mens nie die regte gasheer is nie, bly dit dormant en ontwikkel nooit in volwasse lintwurms nie. Dit kan gevaarlik wees as die sist bars want mens kan 'n fatale allergiese reaksie kry of dit infeksie kry (soos 'n abses) of begin bloei - alhoewel baie mense nie eers weet hulle het dit nie. By 'n klein persentasie mense ontwikkel 'n sist in die brein en dit kan epilepsie en simptome wat soortgelyk aan 'n brein tumor is, veroorsaak.
Dit kan behandel word met Prazikwantel, gedreineer word of uitgesny word.
Mens kan dit voorkom deur altyd vleis goed gaar te maak en jou hande baie goed te was as jy met rou vleis werk. As jy honde het moet jy hulle gereeld ontwurm.
Dr Bets



The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement