advertisement
Question
Posted by: Turf | 2012/02/10

RE: Big toe problem

Beste Dr Anrich

Vorige boodskappe: 570, 642, 686

Net weereens terugvoering oor die vordering van my genesing.

Ek voel so verward na nog ''n paar sessies by die fisioterapeut. Het vandag besluit om te stop daarmee want dit begin so baie geld kos en frustreer my.

Toe ek 2 en ''n half weke terug by die Ortopeed was het hy vir my gese ek moet op my voet loop en bietjie terugstaan as ek voel ek kry seer. Dit was nie vir my ''n opsie nie omdat ek nie die seer wou deurmaak nie. Die fisioterapeut wil ook he ek moet plat trap op my voet en oefeninge doen, soos om te probeer loop met volle gewig en die fhl tendon van die groot toon te oefen op maniere wat ek sal noem.

Die volgende behandeling is vir my gegee sover:

1. Diep massering van die sesamoid area en brug van die voet.
2. Ongeveer 8 ultrasound sessies.
3. ''n Balon-tipe rek is gegee wat ek om my toon moet sit en dan die toon op en af trek teen die rek. Dit maak die tendon seer as ek die toon optrek so ek sukkel met dit, maar dit kan die kondisie blykbaar regmaak?
4. Ek is aangeraai om fiets te ry by die gym vir 20 minute per dag.
5. En om op en af te probeer loop in die swembad.
6. Gister het hy my forseer om tussen twee pale te loop. Ek moes met my volle gewig trap en my hele voet was styf en kramperig omdat ek vir 6 weke nie op hom getrap het nie.

Ek stem saam met dokter dat my besering eerder gerus moet word (dit maak sin), maar die Ortopeed en Fisioterapeut wil beide he ek moet loop op die voet. Dit maak nie rerig vir my sin nie en die informasie is verwarrend, want die Internet se ook dit is nodig om ''n tendon te rus. Hoekom moet ek trap en oefeninge doen as die kondisie nog besig is om te genees. Ek is te bang om dit te doen.

Die kommer met rus is natuurlik dat ek stenosal tenosynovitis kan ontwikkel? Kan dit gebeur as die tendon nie daagliks gerek word nie? Die terapeut het ook gese as ek nie die tendon gaan oefen nie is dit gewaarborg dat die kondisie weer sal terugkeer? Ek voel bang gepraat en weet nie of dit waar is nie.

Die besering is gister 6 weke oud en ek wil dit nog die verdere 2 weke gee. As dokter al die bogenoemde in ag neem, wil ek asb. net weet:

& mdash >  Kan ek die voet ''n verdere 2 weke rus (dan is dit 8) en dan normaal probeer begin loop of gaan dit ''n probleem veroorsaak? Tans loop ek met ''n kruk.

Daar is steeds baie min swelsel onder die gewrig van die groottoon by tye maar ek sit ook nou Helichrysum Italicum olie aan wat veronderstel is om weefsels te stimuleer om te herproduseer en te genees. Weet nie of dokter dit ken nie. Ek sit ook hitte op ''n paar keer per dag.

Ek is ontsteld oor hierdie situasie en sal verdere advies/idees waardeer.

Dankie en groete.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Turf

Ek stel voor dat jy 'n tweede opinie by 'n ortopeed kry. 'n MRI skandering van jou voet kan toon of daar steeds inflammasie teenwoordig is. Rus is aangeraai in die geval van tenosynovitis, maar verkorting kan voorkom van die tendon. Probeer jou voet soveel as moontlik rus en doen strek oefeninge tot jy 'n tweede opinie verkry.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement