advertisement
Question
Posted by: Turf | 2012/01/31

RE: Big toe problem

Hello Dr

Ek het vergeet om vir dokter die volgende twee vrae te vra wat my kondisie betref, ek hoop nie dokter gee om nie:

1. As ek normaal probeer loop en na ''n ruk stil staan en dan met my groot toon af druk op die vloer is daar ''n trek gevoel aan die onderkant na die area van die sesamoid beentjie toe. Hoekom is dit so?
2. As dit my sesamoid beentjies is wat ook dalk gesamentlik met die tendon geirriteer is/dalk bietjie geknees is, is die periode vir genesing nog steeds 8 weke? Ek trap op die oomblik glad nie op daardie area nie en rus soveel moontlik. Ek weet gewig daar kan dit meer irriteer.

Ek hoop om een van die dae weer hier te kom skryf dat my voet genees is. Komende Donderdag is my besering 5 weke oud en ek stop die fisioterapie Vrydag. Ek wil die besering die volle 8 weke kans gee om te genees want ek wil regtig nie ''n kortisooninspuiting daar he nie - ek is maar 24 jaar oud.

Groete :-)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Turf

1. As gevolg van die besering, is daar 'n geringe verkorting van die tendon, wat met tyd sal verbeter.
2. Gewoonlik is herstel 8 weke.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement