advertisement
Question
Posted by: Turf | 2012-01-26

RE: Big toe problem

Hallo weereens Dr. Anrich

Dokter het genoem dat ek moontlik die tendon bietjie geskeur het waar dit inplant in die been en dat dit tot 8 weke kan vat om te genees. As ek my seer/pyn in ag neem, dan dink ek dit is in die area van die sesamoid beentjies.

Op hierdie stadium trap ek nog heeltyd net op die kant van my voet, want ek wil/kan nie gewig op daardie area sit nie aangesien ek vrees ek kry weer die " mes-steek"  sensasie.

Baie dankie vir die antwoord op my vorige vraag, ek waardeer dit. Hiermee terugvoering vir dokter oor my kondisie.

Ek was intussen na ''n Ortopeed toe wat dink dit is Insertional Tendonitis van die FHL/Brevis Tendon of DALK ''n knesing van die sesamoid beentjie, maar hy gamble op die eerste opsie. Hy het gese dit kan 4-6 weke vat om reg te kom en het my aangeraai om te trap op die voet en weer terug te staan as dit te seer is. Ek weet die skade is nog daar, want ek kan dit voel as ek my groot toon op die vloer sit en dan ondertoe druk met hom op die vloer vas. Dit is dan wanneer ek voel hoe dit trek in die area van die sesamoid beentjies. As gevolg hiervan is ek te bang om te probeer trap met my volle gewig.

Hy het gese indien dit nie genees in ongeveer 6 weke nie, of as dit genees en ooit weer terugkom, sal hy kortisoon moet inspuit daar. Intussen gebruik ek nou vir die volgende 10 dae weer Arcoxia vir die inflammasie. Die besering is vandag presies 4 weke oud en daar is nog swelsel in die area van die groot-toon gewrig, maar dit lyk of dit verbeter by die dag.

Ek het asb. die volgende vrae:

1. Is dit beter om ys of hitte op die area te hou?
2. Wat is die kanse dat ek in die gegewe 8 weke sal genees hiervan, soos dokter genoem het?
3. Ek is al 2 weke besig met fisioterapie waar die terapeut ''n deep tissue massage doen en dan ook ultrasound en strapping gebruik. Sal dit help om aan te gaan hiermee, of sal dit die kondisie meer irriteer/vererger? As hy druk op die tendon aan die binnekant van my voet is dit baie seer.

Dankie weereens vir alle hulp, ek waardeer. Ek is so erg bevrees dat dit nie gaan regkom nie!

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Turf

Dit is belangrik om jou voet so veel as moontlik te rus. Plaas jou voet in die aand op 'n kussing. Koue gevolg deur hitte, vyftien minute elk, sal goed wees. Die kanse is baie goed dat jy binne 8 weke sal genees en ek stel voor dat jy die fisioterapie nog 'n week kans gee.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement