advertisement
Question
Posted by: landie | 2008/10/27

RE: 888 dieet terwyl swanger

hallo dr.

baie dankie vir u raad, ek kan ongelukkig nie ' n dieetkundige gaan sien nie omdat ek nie geld het nie. en die mediese fonds is uitgeput. is daar dalk einge raad wat u vir my kan gee? watter oefeninge kan ek doen wat nie nadelig vir die babatjie sal wees nie. ek is nou eers 4 weke swanger maar is BAIE oorgewig en wil bitter graag net gewig verloor, ek het ook ' n breuk wat ek graag wil he herstel moet word en ek weet daarvoor moet ek ook gewig verloor. ek is bang ek verloor die baba agv my gewig, het al reeds 3 miskrame gehad.

baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Landie
Ek kan nie vir jou enige oefeninge voorskryf nie omdat die dr wat jou swangerskap bewaak sal moet sê wat jy mag doen en nie mag doen nie, veral omdat jy al 3 miskrame gehad het. Moet geen oefening doen voordat jy met die dr gesels het nie. Wat 'n gebalanseerde verslankingsdieet aanbetref, kan jy die lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet op hierdie Webwerf probeer. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir so 'n dieet. Omdat jy swanger is, moet jy asb nog 2 koppies vet-vrye of lae-vet melk of jogurt by die dieet sit om te voorsien aan jou en die baba se behoeftes aan kalsium. Wanneer die baba gebore is, kan jy meer aandag gee aan gewig verloor.
Ek hou duim vas dat hierdie swangerskap 'n groot sukses gaan wees.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Y | 2008/10/27

Oorweeg dit om by Weighless aan te sluit en hulle Swangerskap program te kry. Ja ek weet jy' t nie geld nie, maar jy hoef net na een sessie te gaan om al die inligting te kry wat jy nodig het, en dan kan jy op jou eie aangaan. Dis nie rerig nodig om elke week geweeg te word (opgepas te word!) as jy self gedissiplineerd is en die boekie kan lees en verstaan nie.

Reply to Y

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement