advertisement
Question
Posted by: Marico | 2010-07-08

re 1711 kardiomiopatie

Hy is Maandag in ICU opgeneem nadat die edeem en pyn vererger het en hy vir 24 uur geen urine uitgeskei het. Na verskeie bloedtoetse, sonar en x-strale is ons meegedeel dat gastritis nie die primere siekte is. Soos ek van kardioloog verstaan, het sy derm geswel van die vog en die medikasie kon nie deurgaan. ''n Slegte kringloop het gevolg wat hom toksies, met nierversaking en geelsug gelaat het. Sy hartversaking het natuurlik ook vererger en daars ook vog in die longe.

Danksy uitstekende behandeling, gaan dit elke dag beter. Hy het gister vir die eerste keer in weke ''n bord kos geeet en dit geniet.
Hy is reeds 3 van die 9kg (wat hy opgetel het agv die vog) uitgeskei. Hoewel die onderbene en voete se swelling nog baie erg is, is die buik minder geswel as Maandag.

Sjoe, die menslike liggaam is ingewikkeld en ek is dankbaar vir medici wat hul kennis en ondervinding aanwend om pasiente te help met die baie dinge wat verkeerd kan gaan.

Dankie ook vir u, Drs Andrich en Bets en vir die geleentheid wat hierdie forum aan internetgebruikers gee om ons skete beter te verstaan.

Groete


Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marico
bly om te hoor dat dit al weer beter gaan!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-07-08

Hallo Marico
bly om te hoor dat dit al weer beter gaan!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement