advertisement
Question
Posted by: blou tone | 2012/09/30

Raynaud''s disease en zolnoxs

Ek is ''n hele paar jaar gelede met Raynaud''s gediagnoseer.

Alhoewel ek baie maklik koud kry en amper altyd sukkel met koue hande en voete, het ek baie lanklaas gesukkel met vingers of tone wat heeltemal doodgaan en wit word en die bloed nie weer wil terug nie.

Maar dit het vandag gebeur en was nogal erg.
Ek het hierdie week zolnoxs begin gebruik - vir 3 nie-opeenvolgende aande en net ''n halwe pil op ''n slag.
Dit voel of ek nie myself is nie - ek voel angstig, het oordrewe negatiewe gedagtes oor situasies en dit voel of ek nie my gedagtes kan beheer nie.

Kan al hierdie simptome, insluitend die Raynaud''s episode, veroorsaak word deur zolnoxs?
Ek gaan dit nie verder gebruik nie, maar hoe lank sal dit nog in my sisteem bly?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Zolnox kan jou simptome verduidelik, maar nie die Raynaud's sindroom nie. Daar is baie beter behandeling beskikbaar om jou Raynaud's te beheer. Vra jou dokter vir 'n voorskrif. Zolnox is kort werkend en behoort binne 'n paar dae uit jou sisteem te wees. Indien jy Zolnox gestaak het, maar jou simptome van algemene angs duur voort, kan jy jou dokter vir 'n antidepressant vra.

Groete






Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement