advertisement
Question
Posted by: Willem | 2011-01-13

Raadop met sinus?

Hallo Dr,

Ek bly in die pratige Paarl, maar dis mos die mekka van hooikoors en sinus verwante dinge! Dus het ek maar die tipiese probleem van die omgewing - post nasale drip wat my keel laat ontsteek. My probleem hierdie jaar is dat dit nie wil stop. Ek het ''n maand terug ''n kursus antibiotika (was ''n baie ligte dosis/kursus) voltooi en ''n celestone inspuiting gekry wat my gewoonlik deur die tyd sien, maar ek was letterlik vir een week gesond en ek sit weer met dieselfde. Ek hou my keel redelik onder beheer deur te spuit en te gorrel (maak dat dit darem nie ontsteek), ek drink tans slegs antihistamine, Linctagon en spoel my neus gereeld met Sterimar. Kan ek dalk ''n sinus ontseking van soorte hê  wat maak dat my neus aanhoudend loop? Ek voel soggens half dikkop em moeg, maar sodra ek eers aan die gang kom gaan my neus oop (alhoewel dit heeltyd loop) en voel ek beter.

Onderdruk ek dalk die storie met al die goed wat ek gebruik? Moet ek maar weer my liewe huisdokter gaan sien of is daar ander raad wat dok kan gee?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Willem
As jy net hooikoors het (allergiese rhinitis) sal dit dalk help om 'n langwerkende antihistamien saans te gebruik soos Loratidien en 'n kortisoon neussproei soos Beclate (langtermyn) as voorkoming. Die spoeling is goed - hou aan daarmee. As jou sinusse teer is as jy daarop druk en die slym geel of groen is is dalk 'n verdere antibiotika nodig.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011-01-13

Hallo Willem
As jy net hooikoors het (allergiese rhinitis) sal dit dalk help om 'n langwerkende antihistamien saans te gebruik soos Loratidien en 'n kortisoon neussproei soos Beclate (langtermyn) as voorkoming. Die spoeling is goed - hou aan daarmee. As jou sinusse teer is as jy daarop druk en die slym geel of groen is is dalk 'n verdere antibiotika nodig.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement