advertisement
Question
Posted by: TC | 2011/09/06

Raadop

Goeie dag. Ek is ongeveer 10 kg oorgewig. Ek het verlede jaar ''n dieetkundige gaan sien wat vir my ''n dieet gegee het waar ek in die eerste week slegs proteine geeet het en in die tweede week bv suiwel byvoeg. Ek het minimaal gewig verloor op hierdie dieet en later opgegee. Ek is baie desperaat aangesien en ''n depressieleier is (tans op Cymgen) en gebruik ook Eltroxin en Diotroxin. Ek is 38 en weet nie meer wat om te doen nie. My maag is ook baie groot. Ek het reeds by ''n gym aangesluit en wag vir die papierwerk om afgehandel te word voor ek kan begin. Wat kan ek doen om vinniger gewig te verloor. Hoe goed is dit om inspuitings te kry wat jou metabolisme vinniger maak? Help asb. Ek is besig om heeltemal in my dop te kruip en al die werk wat ek die afgelope tyd gedoen het, net weer te verloor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste TC
Ek kan verstaan dat jy mismoedig voel oor die 10 kg wat jy nie kan afskud nie. Ongelukkig kan jou onderaktiewe tiroied, die depressie en die antidepressante medikasie almal bydra tot gewigstoename of onvermoë om gewig te verloor. Volgens my kopie van MIMS, word beide gewigsverlies en gewigstoename as newe-effekte vir Cymgen gelys. Ek sal dus eerstens aanraai dat jy daaroor gesels met die dokter wat jou depressie behandel, om uit te vind of jy dalk 'n ander soort antidepressant kan gebruik wat minder geneig sal wees om gewigstoename te veroorsaak. Tweedens, is die gebruik van inspuitings vir verslanking nie 'n goeie idee nie aangesien dit ernstige newe-effekte kan veroorsaak en nie noodwendig bydra tot gewigsverlies nie. Dit is gewoonlik die baie-lae-energie-dieet wat die gewigsverlies veroorsaak, en nie die inspuitings nie. Ek sal voorstel dat jy 'n gebalanseerde dieet soos 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet')probeer. Indien moontlik behoort jy ook elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening (bv. flink stap, swem, fietsry, of touspring) te doen om jou metabolisme te stimuleer. Daaglikse aërobiese oefening help ook om depressie te bekamp en is dus 'n baie waardevolle komponent van die verslankingsregimen.
Spandeer die geld wat jy op die inspuitings sou uitgee liewer op lidmaatskap by 'n goeie gimnasium of sluit by Walk for Life aan.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/09/07

Beste TC
Ek kan verstaan dat jy mismoedig voel oor die 10 kg wat jy nie kan afskud nie. Ongelukkig kan jou onderaktiewe tiroied, die depressie en die antidepressante medikasie almal bydra tot gewigstoename of onvermoë om gewig te verloor. Volgens my kopie van MIMS, word beide gewigsverlies en gewigstoename as newe-effekte vir Cymgen gelys. Ek sal dus eerstens aanraai dat jy daaroor gesels met die dokter wat jou depressie behandel, om uit te vind of jy dalk 'n ander soort antidepressant kan gebruik wat minder geneig sal wees om gewigstoename te veroorsaak. Tweedens, is die gebruik van inspuitings vir verslanking nie 'n goeie idee nie aangesien dit ernstige newe-effekte kan veroorsaak en nie noodwendig bydra tot gewigsverlies nie. Dit is gewoonlik die baie-lae-energie-dieet wat die gewigsverlies veroorsaak, en nie die inspuitings nie. Ek sal voorstel dat jy 'n gebalanseerde dieet soos 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet')probeer. Indien moontlik behoort jy ook elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening (bv. flink stap, swem, fietsry, of touspring) te doen om jou metabolisme te stimuleer. Daaglikse aërobiese oefening help ook om depressie te bekamp en is dus 'n baie waardevolle komponent van die verslankingsregimen.
Spandeer die geld wat jy op die inspuitings sou uitgee liewer op lidmaatskap by 'n goeie gimnasium of sluit by Walk for Life aan.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.