advertisement
Question
Posted by: Cee | 2008/11/26

Raadop

Hi Dokter Bets,

Ek sukkel nou al ' n maand lank met ' n brand gevoel in my vulva area. Ek was nou al reeds by 2 ginekiloee, en 4 dokters. Aan die begin het hulle vermoed dat dit candida is, maar die labratorium toetse wys negatief. Een dokter het bevind dat ek blaas infeksie het, en ek was op ' n kursus antibiotika. Dinge het begin verbeter, maar toe ek met die antibiotika ophou, toe kom dit terug. Die brand voel asof dit by die area is waar die urine uitkom. Die vel om daardie area brand verskriklik en oral langs my klitoris is prikkels en steek pyne.

Ek was eergister by ' n ander dokter wat ' n urine monster geneem het en bloed getrek het vir toetse. Hy het blykbaar bloed in my urine gesien en dit weggestuur labratorium toe. Ek wag nog vir die uitslae.

Dok, is dit moontilk om 2 keer in 1 maand weer blaasinfeksie te kry? Die dokter het ook vir my Premarin room 0.625mg voorgeskryf. Ek is maar effens skrikkerig vir die room want dit wil vir my voorkom asof dit vir menopausal vrouens is en ek is maar 22!

Intussen is daar verskriklike spanning tussen my en my verloofde want ons het nie meer ' n intieme lewe nie. Ek is te bang dat dinge daaronder vererger as ons iets sou doen. Dit voel asof ons nooit weer sal kan liefde maak nie.

Ai dok, ek is jammer om dok met hierdie probleem op te saal, maar ek is al so moedeloos en boonop kos dit my al ' n plase prys.

Lekker dag en dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cee
Jy kan met veiligheid die Premarin room gebruik - dit werk net lokaal en help die selletjies van die vagina en vulva om beter te werk - hulle moet 'n bietjie slym afskei wat die vagina skoon hou en bevogtig. Wat jy nou het klink soos 'n uretritis of infeksie/inflammasie van die uretra ( die pypie van die blaas tot buite) Daar is baie infeksies wat dit kan veroorsaak, en soms is daar geen infeksie nie, net inflammasie - dit kan veroorsaak word deur die seep of bubble bath wat jy gebruik, of 'n smeermiddel of antisperm room, of deoderant wat jy daar spuit. Stywe jeans kan ook die area irriteer. Een van die probleme kan wees dat jou vriend dalk 'n simptoomlose infeksie het en jou dalk elke keer aansteek. Dan is daar sekere bakteriee wat normaalweg in die vagina en blaaspypies kan voorkom (Ureaplasma) maar wat kan simptome veroorsaak as dit "oorgroei".

My voorstelle:
Bad net met wit seep of aqeous cream wat jy aansmeer en afwas as seep. Gebruik net wit toiletpapier. Dra net katoen broekies en moenie stywe broeke dra vir eers nie. Moet niks anders daar smeer, spuit of poeier nie! Niks bubblebath en goed in die bad nie veral nie Dettol of ander antiseptiese goed nie. (Daar is gesonde bakterie in die vagina wat mens moet beskerm) Smeer jou Premarin roompie soos dokter voorgeskryf het. As julle seks het, gebruik 'n kondoom en baie KY jellie! Jy kan dalk ook vir jou bietjie Remicaine gel kry (dis verdowend) wat jy net op die uriene gaatjie kan smeer om dit minder sensitief te maak) As jy dit kan regkry, laat jou verloofde gaan dat die dokter 'n smeertjie neem by sy uriene opening om te kyk of hy dalk enige infeksie het sodat julle saam behandeling kan kry of vra hom om net saam met jou 'n kursus antibiotika te gebruik.
Sterkte en laat my weet of jy regkom
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement