advertisement
Question
Posted by: Adri | 2012-09-10

Raad Op - Hulp Dringend Nodig

Middag Dokter
Ek het `n seun van 20 jaar. Hy het gedurende 2011 soms begin met `n geringe fyn uitslag op sy lyf, bene en arms, wat dan later weer verdwyn het. Op 9 Maart 2012 het hy opgestaan met erge hoofpyn. Ek het vir hom Weet-bix gegee, koffie en daarna 2 Disprins. Ongeveer 2 ure later was hy in ICU - toegeswel, en uitgeslaan dat dit lyk asof hy gebrand het! Sedertdien is hy net nie meer dieselfde nie. Gedurig pyn net onder sy borsbeen, wat versprei tot in sy bors. Soms pyn sy niere, soms net sy maag?
Hy slaan steeds uit - lyk amper soos galbulte met tye? Die plaaslike dokters glo hy het `n allergie, maar ons het al enigiets en alles uitgesny en niks verbeter dit nie. Hy kla ook soms van hoofpyn, tot steekpyn in sy kop? Ons is `n paar duisend rand armer, wat ons medies nie betaal nie, en steeds weet ons nie wat hom makeer nie?? Waar kan ons aanklop vir hulp? Ek het foto''s van die voorvalle waar hy so erg uitgeslaan het, maar weet nie wie my kan help nie? Was al by `n internis, homeopaat ens....... Ek sal enige raad of hulp werklik baie waardeer!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Adri

Ek sal jou binnekort epos.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement