advertisement
Question
Posted by: Corne Swart | 2011/01/21

Raad op

Hi, ek is regtig raad op, ek moet 30kg verloor en weet nie waarom te begin nie, kan jy asb help.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Corne
30 kg is nogal baie om te verloor. Die basiese beginsel is om jou energie-inname te verminder met 'n lae-vet dieet en jou energie-uitgawe te verhoog deur te begin oefen (bv. stap of swem). Daar is egter sekere verslankingsmedikasies wat kan help, soos Ciplatrim of Xenical. Ciplatrim kan slegs deur 'n mediese dokter voorgeskryf word en die dr is veronderstel om die pasiënt eers deeglik te ondersoek voordat hy/sy dit voorskryf om vas te stel of die pasiënt enige probleme met die hart, bloedsomloop, hoë bloeddruk of beroerte het, al dan nie. Xenical wat ook slegs op voorskrif bekombaar is, bevat 'n chemiese verbinding met die naam van orlistat wat verhoed dat die liggaam vet uit die dieet absorbeer. Die vet word dan direk uitgeskei. As gevolg van die verminderde vetinname, word die pasiënt se energie-inname verlaag en verloor die pasiënt gewig. Ek sal dus voorstel dat jy 'n mediese dokter spreek om die gebruik van hierdie middels te bespreek en dat die dr jou ook kan ondersoek. Daarbenewens behoort jy 'n kliniese dieetkundige te spreek dat sy/hy jou en jou kosinname kan evalueer en vir jou 'n individuele verslankingsdieet kan uitwerk. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Glydrodlelcot | 2011/02/21

Reply to Glydrodlelcot
Posted by: anymmelry | 2011/02/16

Reply to anymmelry
Posted by: DietDoc | 2011/01/21

Beste Corne
30 kg is nogal baie om te verloor. Die basiese beginsel is om jou energie-inname te verminder met 'n lae-vet dieet en jou energie-uitgawe te verhoog deur te begin oefen (bv. stap of swem). Daar is egter sekere verslankingsmedikasies wat kan help, soos Ciplatrim of Xenical. Ciplatrim kan slegs deur 'n mediese dokter voorgeskryf word en die dr is veronderstel om die pasiënt eers deeglik te ondersoek voordat hy/sy dit voorskryf om vas te stel of die pasiënt enige probleme met die hart, bloedsomloop, hoë bloeddruk of beroerte het, al dan nie. Xenical wat ook slegs op voorskrif bekombaar is, bevat 'n chemiese verbinding met die naam van orlistat wat verhoed dat die liggaam vet uit die dieet absorbeer. Die vet word dan direk uitgeskei. As gevolg van die verminderde vetinname, word die pasiënt se energie-inname verlaag en verloor die pasiënt gewig. Ek sal dus voorstel dat jy 'n mediese dokter spreek om die gebruik van hierdie middels te bespreek en dat die dr jou ook kan ondersoek. Daarbenewens behoort jy 'n kliniese dieetkundige te spreek dat sy/hy jou en jou kosinname kan evalueer en vir jou 'n individuele verslankingsdieet kan uitwerk. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.