advertisement
Question
Posted by: bekommerd | 2010-05-26

raad-oorname deur ander werkgewer

hi, ek het sopas vandag gehoor dat ons deur ''n ander hospitaal groep oorgeneem gaan word. hulle pensioen voordele is by ''n ander maatskappy- sal ons pensioen net so oorgedra word of uitbetaal word? en dan praat hulle dan in die -|- rak stipuleer dat ons slegs vir die eerste 12 maande vir sekerheid werk het en daarna die nuwe maatskappy kan kies of ons aanbly of nie? ek werk nou al 9jaar vir die maatskappy- wat is my regte . ek kry ook dan baie byvoordele bv kostoelaag  kleretoelaag- kan dit dan weg val met die nuwe maatskappy of neem hulle my oor met my hele salaris en voordele. As u asb kan help, sal ek dit opreg waardeer- dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageLabour lawyer

re: Raad-oorname deur ander werkgewer

Hierdie situasie is waarskynlik ‘n oordrag van besigheid waarvoor voorsiening gemaak word in artikel 197 van die Wet of Arbeidsverhoudinge. Die oordrag van die besigheid en werknemers behoort in terme van ‘n skriftelike ooreenkoms tussen ou en nuwe werkgewer te wees waartoe werknemers ook partye is sodat daar skriftelike bevestiging is onder watter terme en voorwaardes die nuwe werkgewer die werknemers oorneem.

Die oorname van werknemers deur die ander hospitaalgroep moet wees op dieselfde terme en diensvoorwaardes as wat tans geld, of ten minste terme en diensvoorwaardes wat nie minder voordelig is nie.

Die nuwe werkgewer meot dus die toelae bly betaal of die salarispakket aanpas om seker te maak dat die totale “koste aan die maatskappy” pakket dieselfde bly.

Indien die nuwe werkgewer salarispakkette wil wysig, veral as hulle dit wil verminder, moet hulle met werknemers onderhandel en toestemming verkry.
Dit is baie belangrik dat diensjare by die ou werkgewer oorgedra word na die nuwe werkgewer sodat die oorname nie ‘n negatiewe effek het op kwalifisering vir skeidingspakkette omdat diens by die ou werkgewerr nie erken word nie.

Die nuwe werkgewer kan vereis dat die huidige pensioen net so oorgedra word na ‘n nuwe pensioenfonds en die werknemer het min keuse in hierdie verband. Pensioen sal nie uitbetaal word nie.

As daar ‘n waarborg van ten minste 12 maande se diens by die nuwe werkgewerr is, is dit voordelig. Daar is normaalweg geen verpligting op die nuwe werkgewer om die werknemers wat nuut aansluit vir enige bepaalde tydperk in diens te bly behou nie. Die nuwe werkgewer kan dus enige tyd na die oorname met ‘n afbetalingsproses (“retrenchment”) begin, mits dit wetlik korrek gedoen word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Labour lawyer | 2010-05-31

re: Raad-oorname deur ander werkgewer

Hierdie situasie is waarskynlik ‘n oordrag van besigheid waarvoor voorsiening gemaak word in artikel 197 van die Wet of Arbeidsverhoudinge. Die oordrag van die besigheid en werknemers behoort in terme van ‘n skriftelike ooreenkoms tussen ou en nuwe werkgewer te wees waartoe werknemers ook partye is sodat daar skriftelike bevestiging is onder watter terme en voorwaardes die nuwe werkgewer die werknemers oorneem.

Die oorname van werknemers deur die ander hospitaalgroep moet wees op dieselfde terme en diensvoorwaardes as wat tans geld, of ten minste terme en diensvoorwaardes wat nie minder voordelig is nie.

Die nuwe werkgewer meot dus die toelae bly betaal of die salarispakket aanpas om seker te maak dat die totale “koste aan die maatskappy” pakket dieselfde bly.

Indien die nuwe werkgewer salarispakkette wil wysig, veral as hulle dit wil verminder, moet hulle met werknemers onderhandel en toestemming verkry.
Dit is baie belangrik dat diensjare by die ou werkgewer oorgedra word na die nuwe werkgewer sodat die oorname nie ‘n negatiewe effek het op kwalifisering vir skeidingspakkette omdat diens by die ou werkgewerr nie erken word nie.

Die nuwe werkgewer kan vereis dat die huidige pensioen net so oorgedra word na ‘n nuwe pensioenfonds en die werknemer het min keuse in hierdie verband. Pensioen sal nie uitbetaal word nie.

As daar ‘n waarborg van ten minste 12 maande se diens by die nuwe werkgewerr is, is dit voordelig. Daar is normaalweg geen verpligting op die nuwe werkgewer om die werknemers wat nuut aansluit vir enige bepaalde tydperk in diens te bly behou nie. Die nuwe werkgewer kan dus enige tyd na die oorname met ‘n afbetalingsproses (“retrenchment”) begin, mits dit wetlik korrek gedoen word.

Reply to Labour lawyer

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.