advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2010-11-17

Raad nodig asb.

Hi Doc,

Ek chat al van Jan. 2007 af met u en Doc het altyd sulke goeie raad gegee, dat ek my weereens vandag tot Doc wend.

Ek het al van Jan. 2010 af ''n permanent seer, rooi gebrande keel en ''n stem wat teen 11h00 die oggend soos ''n rasper klink. Baie toetse en baie maande later het ek uiteindelik ''n diagnose by ''n baie goeie Gastroentroloog gekry:

Ek het Barrets selle aan die onder kant van my esofagus a.g.v. ''n LES disfunksie en ek het 2 gastric inlet patches wat volgens 24uur impedansie studies, 23 keer per dag reflux. Ek kry slegs 1 keer per dag reflux van die LES af.

Ek was vir meer as ''n jaar op daaglikse Altosec en drink nou al vir amper 2 maande lank elke oggend 20mg Nexium en saans 20mg Nexium, maar teen 11h00 in die oggend brand my keel van wat ek ervaar as " Sooibrand"  en my stem hou nie.

Ek is ''n Travel Agent en ek MOET praat en ek moet funksioneer en dis besig om my baie erge depressie te gee en groot frustrasie, omdat ek nie meer weet wat om nog te doen nie. Ek kan nie behoorlik eet nie en ek kan nie behoorlik praat nie.

Al die ENT se laringoskopies en die Gastro-doc se foto''s van Okt. se Gastroskopie en impedant studies wys uit op een ding: die gastric inlet patches reflux op in my keel en die Nexium werk nie daar nie.

Ek kan Gaviscon weereens byvoeg, maar dis als om simptome te beheer en ek wil he dat hulle die oorsaak aanspreek, maar is daar ''n veilige manier om die gastric patches te verwyder?

Baie dankie Doc,

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gesiggie
Natuurlik wil mens medikasie eers probeer,maar as dit nie help nie, sal mens dalk chirurgie moet oorweeg. Ek het nog nooit gesien hoe hulle dit doen nie, maar ek dink hulle sal dit kan af laser/kouter of uitsny met endoskopie (werk deur die gastroskoop) en ek dink nie dit is onveilig nie.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010-11-17

Hallo Gesiggie
Natuurlik wil mens medikasie eers probeer,maar as dit nie help nie, sal mens dalk chirurgie moet oorweeg. Ek het nog nooit gesien hoe hulle dit doen nie, maar ek dink hulle sal dit kan af laser/kouter of uitsny met endoskopie (werk deur die gastroskoop) en ek dink nie dit is onveilig nie.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement