advertisement
Question
Posted by: Caileen | 2010/11/30

Raad en advies en inligting

Dr. Bets, Ek vra groot om verskoning as ek nou misbruik maak van die forum.

Ek voel vandag baie alleen. My lyf is seer en my stuitjie het al ''n gat in die matras gedruk :-).

Ek is ''n enigste kind, my ouers bly in Pinetown en ek sien hulle 2 maal ''n jaar. My vriendin lyk of sy al klaar begrafis hou, maar sy is baie goed en help ontsettend baie met die kinders en sorg dat daar elke aand ''n ete is sodat my man vir my kan kom kuier en nie worry oor kosmaak ens nie.

As daar enige iemand op die forum is wat vir my wil skryf, vir raad advies of wat deur dieselfde gaan as ek of wat inligting het oor my siekte, e-mail asb vir my. Ek is baie verveeld en verlang na geselskap. Grappies en oulike e-mails is ook BAIE welkom.





my e mail adres is : caileenwho at gmail dot com.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Caileen
Ja-nee,jy is seker nou al goed DIK vir 'n hospitaal bed. Mens slaap ook mos nie goed nie, so al het jy niks om te doen nie, is jy doodmoeg! Jy kan elke dag vir my skryf - ek gee nie om nie. Sê vir jou vriendin sy moet die "begrafnis hou" gedagtes maar diep bêre - dit gaan nog lank nie nodig wees nie! As jy nou van verveeldheid leukemie google moet jy nou net nie jouself op hol jaag nie - daar is baie verskillende tipes en baie verskillende grade; sorg dat jy net oor jou tipe lees anders gaan haal jy onnodige bobbejane agter berge...
Sterkte
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2010/11/30

Hi Caileen,

Ek het vir jou ''n mail gestuur :) vasbyt girl! Jy is op die regte plek om hulp en inligting en sommer net ondersteuning te kry. ''n Hospitaal is ''n eensame plek. Ek dink jy is sommer ''n sterk en inspirerende vrou en die Doks daar kyk mooi na jou en jy gaan binnekort resultate begin sien en sommer gou beter voel.

Hosptiaal beddens is nou werklik nie die gemaklikste goed nie en jy moet dat hulle elke aand jou matras bietjie omdraai, hoor. Dit sal bietjie help en as die Susters jou toelaat moet jy so draaitjie onder in die tuin gaan maak en net bene rek. ''As n mens so lank in Hospitaal is weet jy nie of dit dag of nog of Dinsdag of Sondag is nie. Jy moet dalk vir jou ''n nota boekie kry en vir jouself ''n " diary"  hou en sommer net uiting daarin gee oor hoe jy voel.

Sterkte hoor. ons praat weer.

Cornel

Reply to Gesiggie (Cornel)
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/30

Hi Caileen
Ja-nee,jy is seker nou al goed DIK vir 'n hospitaal bed. Mens slaap ook mos nie goed nie, so al het jy niks om te doen nie, is jy doodmoeg! Jy kan elke dag vir my skryf - ek gee nie om nie. Sê vir jou vriendin sy moet die "begrafnis hou" gedagtes maar diep bêre - dit gaan nog lank nie nodig wees nie! As jy nou van verveeldheid leukemie google moet jy nou net nie jouself op hol jaag nie - daar is baie verskillende tipes en baie verskillende grade; sorg dat jy net oor jou tipe lees anders gaan haal jy onnodige bobbejane agter berge...
Sterkte
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement