advertisement
Question
Posted by: Anja | 2011/07/26

Raad asseblief

Hi Daar

Hoop u kan vir my help en vir my se wat die moontlike oorsaak is van die volgende simptome wat ek kry.

Ek voel konstant naar, soms is daar ''n brand gevoel op my maag. Ek eet gewoonlik iets kleins wat voel of dit soms help.

Enige raad wat kan help asseblief sal baie waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Anja

Dit is moontlik dat jy 'n gastriese ulkus (maagseer) het. Dit sal jou konstante naarheid en bran gevoel op jou maag verklaar. Ek stel voor dat jy jou dokter vir 'n verwysing vir 'n gastroskopie konsulteer. Dit is 'n prosedure waar die dokter die maag deur middel van 'n klein kameratjie ondersoek. Intussen kan jy Gaviscon Advanced, voor etes gebruik. Dit is beskikbaar oor die toonbank by apteke. Vra ook die apteker vir 'n pilletjie om die naarheid te verlig.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement