advertisement
Question
Posted by: Phoebe | 2011/02/21

Raad asb

Hello Dr, ons het 'n seuntjie aangeneem toe hy 8weke oud was. sy biologiese ma het haar swangerskap verberg. toe ons hom kry was hy 2.4kg op 3 maande was new born klere nog te groot vir hom. hy is nou 4 jaar en is 93.cm lank en weeg 12.8kg.

Sy wou niks weet van hom nie. Die plek het 7 weke lank gesukkel om haar in die hande te kry om hom af te teken.

Hy sukkel verskriklik met sy longe en ons was nou by 'n polmunoloog wat singulars x6mde voorgestel het. Hy kry ook gou kroep en brongitus. hy toets nie positief vir asma nie, hy is ook allergies vir melk en stof, dierehare, mold en dustmites.

Hy sukkel ook erg met skeidings angs en verwerping. Ons doen nou spel terapie met hom.

Ek wil net weet presies wat is ontneem van hom toe sy ma sy bestaan ontken het. Obviously het dit te doen met die verwerping.

Hy beeld gereeld baarmoeder koestering uit, le teen my en trek 'n kombers oor ons dan moet ek met hom praat, asof as hy in my baarmoede is - as ons praat van sy magie mamma dan word hy kwaad en slaan my of die kussing.

Hy sukkel ook met dissipline. Rebeleer verskriklik teen dit. Aanvaar nie nee nie, dis asof hy my al hoe verder verder druk om te kyk wanneer gaan ek hom ook verwerp.

Hy tantrum oor niks, ek sal bv vir hom se maak asb toe die yskas dan sal hy die yskas deur toeslaan en skreeuend kamer toe hardloop die deur toeklap en sy goed rondgooi. Ek het hom al pak gegee maar dit maak dit net erger.

Wat ek nou doen is ek sit hom op die mat en se hy moet maar klaar huil as hy klaar is mag hy uit die kamer kom. En as hy uitkom dan vat ek hom net terug na die mat toe - dit werk soortvan maar dit maak nie sy tantrums minder nie.

Hy sal ook as hy iets moois ingekleur het dit voor jou kom staan en opskeur en se kyk ek skeur dit tog. Hy lok my verskriklikl uit om my reaksie te toets.

Hy het ook nou onlangs begin om sy boetie wat 'n jaar ouer is as hy te byt en te klap, ek moet die heeltyd hulle weghou van mekaar af.

As ek vir hom se hy lyk mooi of hy is 'n mooi seuntjie (en hy is!! almal se hy is pragtig) sal hy se nee hy is lelik of hy lyk lelik, en almal is lelik en vieslik.

Sy gemoed skommel ook verskriklik van een uiterste na 'n ander. Hy sal nou lag en letterlik sekondes later weer huil. Die trane sal nog loop dan sal hy weer lag oor iets. Mens moet regtig op eierdoppe loop met hom!

Enige ander raad sal ek waardeer om hom te help.
Baie dankie, Phoebe

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Sounds like a really complex set of issues, with physical and psychological problems intertwined.

It is not practical to give useful advice on such a complex problem in the forum. It would be best for him to be seen by a good local child psychiatrist or child psychologist for a proper and detailed assesment, and they would then be able to discuss the behavioural and other problems with you.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Liza | 2011/02/21

Het jy hom al vir hiperaktiwiteit laat toets?

Reply to Liza
Posted by: cybershrink | 2011/02/21

Sounds like a really complex set of issues, with physical and psychological problems intertwined.

It is not practical to give useful advice on such a complex problem in the forum. It would be best for him to be seen by a good local child psychiatrist or child psychologist for a proper and detailed assesment, and they would then be able to discuss the behavioural and other problems with you.

Reply to cybershrink

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement