advertisement
Question
Posted by: TanjaS | 2010/01/20

Raad asb

Ek en my man is al 1 jaar getrou maar amper 3 jaar saam. Hy het nou '  n nuwe werk begin waar hy 7dae '  n week gaan werk met net 1 naweek per maand af. My probleem is dat sy kinders ver is (so 2 ure se ry) en dat hy te laat by die huis kom om die kinders te gaan haal. Ons het met sy ex oor een gekom om 1 keer '  n maand die kinders vir '  n naweek te gaan haal maar volgens die bevel is dit vanaf die Vrydag 3 uur tot die Sondag 4uur. Sy ex weier dat ons die kinders later die aand gaan haal of dat ek die kinders gaan haal - gee asb raad, want ek is al raadop. PS my man werk to 6:00.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageFamily law expert

Hi Tanja,

Dit is baie onregverdig van haar om die houding in te neem in lig van jou man se situasie. Ek is van oordeel dat julle haar bywyse van 'n prokureur skrywe versoek om 'n wysiging en die omstandighede verduidelik, sy verwag tog immers dat jou man onderhoud aan die kinders moet betaal, maar laat hom nie toe om die ure daarvoor in te sit nie. Indien sy sou weier wat die wysiging gemaak word kan daar aansoek gedoen word om wysiging van die skikkingsakte bywyse van 'n hof aansoek.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: G-Dad | 2010/01/22

Dit is ' n moelike situasie, en normaalweg baie katterig, as daar vooraf reelings getref was dat die kinders later opgetel kan word op Vrydae dan kan sy nie weier nie, die probleem is dat enklel ouers wat weet dat die kinders ' n sekere tyd na die ander ouer to moet gaan, maak gewoondlik voosienning om die kinders soos in die geval 15H00 vir die pa te gee, as die pa geen reelings getref het om die kinders later op te tel nie, dan gee dit die indruk by die kinders dat die pa nie omgee nie, of die ma het dalk al reeds ander planne gemaak om uit te gaan, nou moet sy haar planne op ys sit om te wag sodat die pa die kinders moet optel, daar kan verskeie redes wees.

Die probleem dat sy weier dat jy die kinders optel kan ook geldig wees, die kinders kan dalk in konflik met jou wees en dalk nie saam met jou will ry nie, in so ' n geval kan dit moontlik wees dat die ma die verkoning gebruik in die beste belang van die kind.

As ek in die pas se posisie was sou ek die ma skriftelik in kennis stel van sy posisie en vra dat die optel tyd gewysig word na 18H00 of 19H00 op Vrydag, dit is gewoondlik die tyd wat in meeste gevalle gebruik word, maak seker julle het bewyse dat die ma in kennis gestel was van die verandering van die tye sodat indien nodig dit later in ' n hof gebruik kan word.

Reply to G-Dad
Posted by: Family law expert | 2010/01/22

Hi Tanja,

Dit is baie onregverdig van haar om die houding in te neem in lig van jou man se situasie. Ek is van oordeel dat julle haar bywyse van 'n prokureur skrywe versoek om 'n wysiging en die omstandighede verduidelik, sy verwag tog immers dat jou man onderhoud aan die kinders moet betaal, maar laat hom nie toe om die ure daarvoor in te sit nie. Indien sy sou weier wat die wysiging gemaak word kan daar aansoek gedoen word om wysiging van die skikkingsakte bywyse van 'n hof aansoek.

Reply to Family law expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement