advertisement
Question
Posted by: Moeg | 2008/10/06

Raad asb!

Hi Doc

Jammer vir hierdie lang pos.
Ek is so amper n jaar terug gediagnoseer met die volgende:

Onder aktiewe skildklier
Mitral prolapse
Gerd
IBS

Tans gebruik ek Eltroxin 0.05mg, en altosec 20 mg asook proboitics en yasmin. Vir die mitral prolapse kan ek ongelukkig nie beta blockers gebruik nie omrede ek asma het en ook lae bloeddruk.

Doc ek voel verskriklik sleg, my maag is altyd seer, my longe voel of dit alewig in spasma is en ek raak gou benoud, my asma medikasie het altyd gewerk vir benoudheid, maar nie die keer nie, en dit voel ook nie soos asma nie, dis n anderse benoudheid. Dit kom en gaan daagliks.Raak veral benoud as ek ge eet het. En ek kry ook gereeld die gevoel dat daar ietsdiep binne in die middel van my bors(sternum) vassit, paardgaande met pyn

Ek het reeds n EKG en n gastroskopie gehad, als wys reg, doc het ook gekyk vir pcos en als reg daar.maar ek word net nie beter nie. In 5 maande het ek amper 9 kg verloor, ek eet nie goed nie, voel altyd vol pyn, linker kant en regs en soms ook in my bo rug.

Ek het al n klomp medikasie gebruik, soos pariet, nexiam ens. maar dit help net vir kort rukkies, dan moet ek weer iets anders gebruik.

Doc wou gehad het ek moet gaan vir n CT scan maar ek kannie omrede ek n privaat pasient is en ook allergies vir jodium.

Doc gee asb raad, wat kan fout met my wees, watse ander toetse kan laat doen word, en se asb wat ek kan gebruik vir die mitral klep, dit maak my noggal angstig as ek die pyne in my bors kry.
Enige voorstel sal help asb, solank ek net kan beter voel, n jaar terug het ek niks makeer nie.....

Dankie vir die hulp.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Moeg
As ek jou dokter was sou ek die volgende gedoen het:
Jou gestuur het vir 'n longfunksie toets om te sien of jou asma medikasie voldoende is om jou asma te beheer - jy het dalk 'n inasem kortisoon pompie by nodig - mens kan dit doen by 'n internis of pulmonoloog
Ek sou 'n barium sluk of esophageale manometrie toets aangevra het om te kyk of jy esophagus spasma kry ( dit kan die pyn en behoudheid in die bors veroorsaak as jy eet) - mens kan behandel met antispamodikum
Vir IBS - probeer iets soos colofac as jou maag kramperig en winderig is
Toets bietjie jouself of jy baie angstig is - dit moet waarskynlik ook aandag kry:http://www.drhansdreyer.com/questionnaire.php die General anxiety vraelys
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Ruby | 2008/10/06

Hello,
Ek weet nie waar jy bly nie, maar as jy naby Sandton bly, dan kan ek ' n baie goeie dokter recommend. Hy is ' n internis en pulmonologist. Hy het my suksesvol behandel met Esophageal spasms, MVP (ek kan ook nie betablockers vat nie), en asma. Dr Nivesh Sewlall by Morningside Medi-clinic (Morningside, Sandton). Hoop jy voel gou beter!!!

Reply to Ruby

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement