advertisement
Question
Posted by: theresa | 2008/05/30

Raad asb

Ons was altyd aktief. Maar toe kry ek 'n werk in JHB. Nou is dit 4uur opstaan in die oggend en 19H00 terugkom. Ons eet baie laat en deesdae voel ek hoe die kilos aansit. Kan jy asb vir my raad gee.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Theresa
Gebrek aan oefening sal beslis jou gewig negatief beïnvloed. Indien moontlik behoort mens te probeer om ten minste 30 min se aërobiese oefening per dag te doen. Een van die maklikste maniere om te oefen, is om 'n springtou te koop en elke dag vir 30 min tou te spring. Begin met 10 min en werk aan jou oefening tot jy 30 min lank kan spring (dit skakel die noodsaaklikheid van 'n gimnasium en stap in die donker uit). Wat eet aanbetref, sal dit help as jy jou vetinname matig beperk. Probeer 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet').
Sterkte, dit is moeilik om onder jou omstandighede te oefen, maar dit kan gedoen word.
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement