advertisement
Question
Posted by: Madelein | 2010/09/08

&quot Staaldruppels" 

My seun het onlangs sy hand baie diep en lelik gesny. Iemand wat hom gehelp het , het staaldruppels op die wond gegooi. Die bloeding het gestop en ons het hom na die ongevalle afdeling by die hospitaal geneem. Die dokter daar het aan ons gesê  dat staaldruppels nie op sulke diep wonde gebruik moet word nie omdat dit die wonde septies maak.

Is dit waar en hoekom ?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Madelein
Staaldruppels bevat yster en sal nie in sigself infeksie veroorsaak nie, behalwe dat mense dalk dan dink omdat die bloeding opgehou het hoef hulle nie te ontsmet of steke te kry nie. Ons voel ook dat dit beter is om enige chemiese middels in wonde te gooi nie omdat dit die wond genesing stadiger maak of benadeel (dit maak die selletjies seer weens die chemiese reaksie en dan groei dit stadiger toe)Ek persoonlik hou ook nie van merchurochrome nie en sal eerder "Opsite" wondbedekking op 'n skaaf of skraap wond sit na dit goed skoon en droog gemaak is as om dit oop te los.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

11
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/04/05

Mens kry nie meer staan druppels nie. Wat anders kan mens gebruik om die bloeding op n stukkende plek te stop? Hoop iemand kan help, asb.

Reply to Anonymous | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2016/06/03

het gister DuToit's staaldruppels by Spar gekoop (net die naam het verander)

Posted by: Chantel | 2014/10/22

goeie dag ek wil graag uitvind of staaldruppels sal werk om my menstruasie te stop? ek het 2 weke terug die Imlamon inplant gekry en 5 dae later begin menstreer, dis tot vandag nog maar nie baie van die begin af nie, ek het ook gehoor dat kaneel en water dit sal stop, ek het dit prober maar dit werk nie. baie dankie Groete

Reply to Chantel
Posted by: conny | 2014/09/18

More , ek wil ook weet of staaldruppels gedrink kan word vir bloeiende ambeie. Ek he 3 maande terug ambei operasie gehad en 3 keer daarna in 2 weke se tyd weer terug hospitaal toe .Hulle het net medikasie gegee om bloeding elke keer te stop.Op hiwrdie oomblik sit ek weer met bloeiende ambeie. ASSEBLIEF ek soek raad.

Reply to conny
Posted by: nikki | 2014/04/01

kan j staaldruppels drink om jou mensrtausie te stop

Reply to nikki
Posted by: carin | 2013/08/23

wil net weet of dit nadelig om staaldruppels te drink vir n aanvulling vir yster as jy n tekort het en hoe lank kan n mens aanhou om dit te drink en is dit op n lang termyn nadelig vir jou

Reply to carin
Posted by: Ellen | 2013/08/02

Kan staaldruppels gedrink word om aambei en rektum bloedding te stop.

Reply to Ellen
Posted by: Bozo | 2010/09/09

Cayenne Pepper of Rooi peper, stop enige bloeding onmiddelik, Ek praat van ondervinding,

Reply to Bozo | 1 comment (hide)
Posted by: Anonymous | 2015/04/01

HOE DRINK JY DIE CAYENNE PEPPER

Posted by: Cyberdoc | 2010/09/08

Hallo Madelein
Staaldruppels bevat yster en sal nie in sigself infeksie veroorsaak nie, behalwe dat mense dalk dan dink omdat die bloeding opgehou het hoef hulle nie te ontsmet of steke te kry nie. Ons voel ook dat dit beter is om enige chemiese middels in wonde te gooi nie omdat dit die wond genesing stadiger maak of benadeel (dit maak die selletjies seer weens die chemiese reaksie en dan groei dit stadiger toe)Ek persoonlik hou ook nie van merchurochrome nie en sal eerder "Opsite" wondbedekking op 'n skaaf of skraap wond sit na dit goed skoon en droog gemaak is as om dit oop te los.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc | 1 comment (hide)
Posted by: wayleen | 2014/09/08

ek wil graag weet water chemical is in die staal druppels wat die bloed laat stop?

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement