advertisement
Question
Posted by: Jo | 2008/09/24

&quot puisies"  op maag-area

Ek is vroulik, 45 jaar en baie gesond. Het so maand terug gesien ek kek 4 rooi knoppies oor my maag area. Laag, onder my middel en aan die kante van my lyf . Dit lyk soos puisies, maar lyk of dit in die dieper vel is. Ek het die een stukkend gekrap, maar niks het uitgekom nie. Hy is nou amper gesond, maar laat ' n letsel agter op my vel. Die ander 3 is ook amper weg en het ook so droe kolletjie, letselmerk gelaat. Vanoggend sien ek toe daar is weer 2 nuwe rooi knoppies. Moet ek bekommerd wees en wat kan dit wees? Kan dit iets met my hormone te doen hê ? Ek sukkel al van tienerdae af met ' n probleemvel in my gesig, maar behalwe dat my gesig steeds baie olierig is, is my gesig nou sonder enige uitbraak. So 3 weke terug is ' n onderaktiewe skildklier by my gediagnoseer en ek drink nou daagliks Eltroxin 0,1mg.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Jo
Dit kan dalk infeksie van haarfollikels wees - sit bactroban op die plekkies en plak toe - dit behoort dit vinnig te laat genees ( dit word baie keer deur die aansteeklike Staph aureus bakterie veroorsaak)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement