advertisement
Question
Posted by: Rusty | 2010-09-03

&quot melkskiet??" 

Hallo dok, ek is 52 jaar oud, en besig om die groot M binne te gaan deurdat my menstruasie vir so 5maande weggebly het, verlede maand met ''n " bang"  teruggekom het vir so paar dae! Nou het ek die snaakste gevoel in my borste, ek kan dit nie anders beskryf as " melkskiet"  nie, ek was al badkamer toe om te gaan kyk of daar nie fout is deurdat dit dalk lek nie, maar ek sien geen spoor daarvan in my bra nie, kan dit maar deel wees van die hormone wat soms high wire gaan, ook sommige dae die gevoel dat ek my dooddra aan die twee dames? Dankie ek sal wag op jou antw.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rusty

Daar is hormonale veranderinge wat plaasvind en die vergroting van jou borste kan beslis 'n nagevolg daarvan wees. Ek stel ook voor dat indien jy nie 'n borsondersoek en mammogram in die afgelope 5 jaar gehad het nie, stel ek voor dat jy jou dokter daarvoor konsulteer.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: dok | 2010-09-04

Dok ek wil net noem dat ek vandag so bruinerig afskeiding het wat lyk soos die begin van menstruasie (presies maand na vorige), kan menapouse/primenapouse so rondspeel met gemoed ook, want ek moes vanoggend my humeur met ''n eierspaan van die plafon afkrap!!!!

Reply to dok

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement