advertisement
Question
Posted by: MattsMom | 2011-06-06

Question 310 - not answered

Ek het aan u geskryf oor die feit dat ek altyd honger voel - en of dit dalk die moeite sal wees om iemand professioneel te gaan sien.
Ek sien my vraag is nog steeds nie beantwoord nie alhoewel al die vrae wat sederdien myne gevra is wel is. Is daar dalk ''n probleem - dit kon sekerlik nie so ''n moelike vragie gewees nie of hoe?
Indien nie jou " area of expertise"  nie - laat weet ''n mens net asb in die vervolg en dan kon ek iemand anders probeer het.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste MattsMom
Ek onthou dat ek jou vraag dadelik beantwoord het omdat ek nogal gehou het van jou skuilnaam. Dit is moontlik dat die antwoorde soms nie ordentlik opgelaai word nie, aangesien ons dit 'af-lyn' beantwoord. Ek het nou teruggegaan om te kyk na jou vraag (ek 'sien' net die laaste 10 vrae op my skerm), en sal dit nou weer vir jou beantwoord. Jy sê dat jy 'n lae-GI-dieet volg en soos ek kan agterkom eet jy meestal slaaie en proteïene en dat dit moeiliker word aangesien die weer nou koud is. Jy noem ook dat jy kan eet en eet totdat jy opgooi sonder dat jy versadig voel. Daar is verskeie moontlike oorsake. Indien die dieet wat jy volg onvoldoende koolhidrate bevat wat aan die liggaam energie verskaf, dan sal mens gedurig honger voel. Dit is dus belangrik om by elke maaltyd ook 1-2 porsies koolhidrate met 'n lae-GI in te sluit. Jy vra of jou neiging om baie te eet en tog nie versadig te voel, dalk dui op 'n sielkundige probleem. Dit is moontlik, maar ek sal graag eers aanraai dat jy 'n goed gebalanseerde lae-GI-dieet sal probeer (d.w.s. een wat ook lae-GI-koolhidrate insluit). Die lae-vet, lae-GI dieet kan soms bietjie moeilik wees om toe te pas, maar jy kan boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com sal kan aankoop vir R100.00. Klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Indien jy vind dat jy sukkel om die dieet self toe te pas, sal ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou dan help met 'n individuele dieetvoorskrif vir 'n lae-ver, lae-GI-dieet wat jou verder sal help om te verslank en ook jou knaende honger in toom sal hou. Indien jy steeds so honger voel nadat jy die volledig gebalanseerde lae-GI-dieet vir 2-3 weke toegepas het, gesels dan met die dieetkundige oor die moontlikheid dat daar wel 'n sielkundige faktor ter sprake is. Sy/hy sal jou na 'n kliniese sielkundige kan verwys vir addisionele hulp.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-06-06

Beste MattsMom
Ek onthou dat ek jou vraag dadelik beantwoord het omdat ek nogal gehou het van jou skuilnaam. Dit is moontlik dat die antwoorde soms nie ordentlik opgelaai word nie, aangesien ons dit 'af-lyn' beantwoord. Ek het nou teruggegaan om te kyk na jou vraag (ek 'sien' net die laaste 10 vrae op my skerm), en sal dit nou weer vir jou beantwoord. Jy sê dat jy 'n lae-GI-dieet volg en soos ek kan agterkom eet jy meestal slaaie en proteïene en dat dit moeiliker word aangesien die weer nou koud is. Jy noem ook dat jy kan eet en eet totdat jy opgooi sonder dat jy versadig voel. Daar is verskeie moontlike oorsake. Indien die dieet wat jy volg onvoldoende koolhidrate bevat wat aan die liggaam energie verskaf, dan sal mens gedurig honger voel. Dit is dus belangrik om by elke maaltyd ook 1-2 porsies koolhidrate met 'n lae-GI in te sluit. Jy vra of jou neiging om baie te eet en tog nie versadig te voel, dalk dui op 'n sielkundige probleem. Dit is moontlik, maar ek sal graag eers aanraai dat jy 'n goed gebalanseerde lae-GI-dieet sal probeer (d.w.s. een wat ook lae-GI-koolhidrate insluit). Die lae-vet, lae-GI dieet kan soms bietjie moeilik wees om toe te pas, maar jy kan boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com sal kan aankoop vir R100.00. Klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Indien jy vind dat jy sukkel om die dieet self toe te pas, sal ek aanraai dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou dan help met 'n individuele dieetvoorskrif vir 'n lae-ver, lae-GI-dieet wat jou verder sal help om te verslank en ook jou knaende honger in toom sal hou. Indien jy steeds so honger voel nadat jy die volledig gebalanseerde lae-GI-dieet vir 2-3 weke toegepas het, gesels dan met die dieetkundige oor die moontlikheid dat daar wel 'n sielkundige faktor ter sprake is. Sy/hy sal jou na 'n kliniese sielkundige kan verwys vir addisionele hulp.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.