advertisement
Question
Posted by: Geskok | 2009/11/05

Quantum SCIO / DIascan

Hallo dokter

Ek het reeds vir ' n paar jaar al ' n paar chroniese gesondheidstoestande wat deur my dokter behandel word. In ' n poging om die oorsaak te vind het ek na verskeie alternatiewe geneeshere gegaan vir antwoorde. Twee van hulle het ' n masjien met die naam QUANTUM SCIO gebruik. Die een was ' n mediese dokter asook ' n homeopaat en sonder om eers ' n ondersoek te doen, was die masjien se diagnose dat ek swaarmetaal vergiftiging het en parasiete.

Ek het my Internis geskakel en hy getoets vir altwee en dit was negatief. Onlangs was daar ' n Wellness dag by ons werk en daar was mense wat ' n soortgelyk masjien gebruik het, die DIASCAN. Die masjien het gesonde mense gediagnoseer met die allerverskriklikste toestande en van die mense wat emosioneel baie onsteld oor dit.

Die hele gedoente klink en lyk vir my na ' n geldmaakstorie en daar word aanspraak gemaak dat die masjien tot vroee kanker kan optel. Ek het gaan oplees en gesien hierdie masjien is verban in Amerika. Ek wil graag weet met wie ek kan praat by die mediese raad. Ek sal graag wil weet of ons mediese raad bewus is van hierdie kwakkery en watter wettige stappe ek kan neem om hierdie masjiene WETENSKAPLIK te laat toets en te laat goedkeur vir diagnose. Ek is geskok om te sien dokters gebruik hierdie majiene en met volle geloof in die diagnose wat dit gee.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Geskok
Ek stem saam met jou - mens moet versigtig wees en altyd seker maak dat behandelings met kliniese proewe bewys is.

Sien http://www.hpcsa.co.za/conduct_complaint.php

All complaints must be sent in writing to The Registrar: HPCSA, either by

General Mail: P O Box 205, Pretoria 0001;
Hand Delivery: 553 Vermeulen Street (cnr Hamilton Street), Arcadia, Pretoria;
Email: legalmed@hpcsa.co.za or
Telephone: +27 (0) 12 333 9369
Fax: +27 (0) 12 328 5120 / 328 4895

Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2009/11/05

Hallo Geskok
Ek stem saam met jou - mens moet versigtig wees en altyd seker maak dat behandelings met kliniese proewe bewys is.

Sien http://www.hpcsa.co.za/conduct_complaint.php

All complaints must be sent in writing to The Registrar: HPCSA, either by

General Mail: P O Box 205, Pretoria 0001;
Hand Delivery: 553 Vermeulen Street (cnr Hamilton Street), Arcadia, Pretoria;
Email: legalmed@hpcsa.co.za or
Telephone: +27 (0) 12 333 9369
Fax: +27 (0) 12 328 5120 / 328 4895

Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement