advertisement
Question
Posted by: Schalk | 2012/03/29

Q Koors

Hi, my naam is Schalk Botes (32). Ek het die volgende simptome gehad (bors pyn wanneer asem haal, Koors, Kopseer, Spiere was seer en kort van asem) Ek het in Junie laas jaar begin siek voel, was na 4 verskillende huis dokters toe, elke keer ander prognose met nuwe reeks antibiotika, dit het elke keer beter gegaan, maar sodra pille op raak is symptome weer terug.Ek word toe in Nov''11 opgeneem in Unitas hospitaal waar hul toetse gedoen het en uiteindelik op Q Koors afgekom het, dit het ook my hart aangetas en infeksie het in my aorta gevorm en ook klein bloed klontjies in longe ontwikkel. Ek is ontslaan uit die hospitaal met ''n 18 maande kursus van antibiotika (Plasnoquine, Doxycyl en Warfarin). Sover gaan als goed solank ek die pille drink, maar het so maand terug begin met verskriklik jeuk, veral in aande as ek begin rustiger word, so erg dat dit voel of ek uit my vel wil klim, kan die medikasie dit veroorsaak? Ek het al als probeer, ander seep, handoeke, stort of bad, dit maak nie saak nie. My warfarin dosering is meestal 2 op ''n dag, weet ook nie hoelank ek met dit moet aanhou nie, weet net ek moet tenminste een keer maand gaan toes, partykeer korter tussen mekaar.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Schalk

Jy kan 'n reaksie tot die behandeling he, maar ek stel voor dat jy jou dokter vir bloedtoetse konsulteer, veral om vas te stel of jy jou lewer enige skade opgedoen het. Jy kan hom/haar vir 'n voorskrif vir Prurata of Aterax vra, wat die jeuk sal verlig. Jy moet duidelikheid by jou dokter kry oor die gebruik van Warfarin, aangesien die vlakke weekliks getoets moet word en daarvolgens aangepas moet word.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Schalk | 2014/01/08

Hi Doc, Ek is nou so 10 maande van die antibiotika af na 2 jaar, maar dit lyk of ek weer relaps en al die simptome is weer daar. Is daar iemand in Pretoria wat dalk spesialiseer in die tiepe ding wat ek kan gaan sien ? Ek het weer die volgende simptome: Nag sweet (Baie) Hoofpyn Pyn in Bors Kort van asem Groete, Schalk

Reply to Schalk

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement