advertisement
Question
Posted by: Mev Gouws | 2011/06/16

Pynverligting

My man is 58 jaar oud en is in 2005 gediagnoseer met prostaatkanker. Hy het Brachi terapie ontvang wat suksesvol was. In Mei het hy na ''n PSA telling van 52,5 en 2 dae later 67, ''n beenflikkergram en CT-skandering ondergaan. Daar is bevind dat hy metastase het in sy borsbeen met aantasting van 2 limfkliere wat naby die aorta gelee is.
Sy behandeling behels ''n anti-hormonale inspuiting 3 maandeliks.
Hy gebruik tans Tramacet en Tramahexal en ervaar geweldige pyn. Hoe lank kan hy op hierdie middels bly en behoort genoemde behandeling enigsins die pyn weg te neem/verlig?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Mev Gouws

Ek is baie jammer om van jou man se diagnose te verneem.

Metastase van prostaatkanker is ongelukkig baie pynlik. Die medikasie wat hy tans neem, kan op 'n kroniese basis gebruik word, veral die pynverligting medikasie omdat dit vir 'n spesifieke doel aangewend word. Hy kan sy onkoloog vir 'n voorskrif vir Valoron druppels vra wat hy kan gebruik vir ekstra pynverligting. Ons kan net vertrou dat die kanker goed respondeer op die anti-hormonale behandeling.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement